Twee toeriste deur olifant doodgetrap

Wim van Griensven en Sabine Goossens. Foto: Facebook

Twee toeriste is die afgelope naweek by ʼn lodge in Zambië deur ʼn olifant doodgetrap.

Lusaka Times berig die plaaslike polisie het bevestig die oorledenes is ʼn 57-jarige vrou van België en ’n 64-jarige man van Nederland.

Volgens die nuusagentskap het die voorval Saterdag by die Maramba River Lodge in Livingstone gebeur. Die man en vrou het ʼn trop olifante dopgehou wat nader aan die lodge gestap gekom het toe een van die olifante op hulle afgestorm het.

Die oorledenes is in die media as Wim van Griensven en Sabine Goossens geïdentifiseer. Volgens Zambia National Broadcasting Corporation (ZNBC) het Goossens nader aan die olifante beweeg om foto’s te neem en die olifant het op haar afgestorm. Van Griensven het glo probeer om haar te red en is ook in die proses doodgetrap.

Express berig familielede van die oorledenes het bewerings dat die twee te naby aan die olifante gekom het ontken en voer aan hulle het die olifante van ʼn afstand af dopgehou toe een van die diere skielik op hulle afgestorm het.

Danny Mwale, ʼn woordvoerder van die Zambiese polisie, het aan die plaaslike media gesê die oorledenes liggame is na ʼn lykshuis in Livingston geneem waar nadoodse ondersoeke gedoen sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Onnie ·

Olifant is nie jou speelmaat nie. Kan iemand ASB die toeriste inlig dat die diere in Afrika wild en aggresief is! Kyk dai rugbyspeler wat amper sy hand verloor het toe hy die leeu wou vryf. My magtag, mens vryf nie n leeu nie – dis mos nie n huiskat nie!

Alida ·

Dit is BAIE BAIE tragies maar die toeriste was seker te naby aan die diere. Soms dink die buitlanders ons hier in Afrika loop saam met die diere in die veld. Dit is jammer dat soiets moes gebeur.

Niklaas ·

Toeriste van oorsee doen soms dom dinge weens onkunde in wildtuine. Ek kan soms net my kop skud as ek van hulle in Kruger park sien optree.

christa ·

hoekom fotos neem van wilde diere. Did Wilde diere. Daar is genoeg fotos van die diere.

Cherokee ·

Jy is of ‘n fotograaf of jy is nie. Ek spandeer volgende naweek paar duisend rand om fotos te neem waarvan volop replikas op Internet is. Wanneer ek ‘n foto geneem het is dit uniek – daar is nie ‘n tweede daarvan in die hele wêreld nie al het vele mense op dieselfde plek fotos geneem. Jou vraag sê jy verstaan nie die liefde wat sommige mense het vir fotografie, nie. Fotografie is nie net mik en druk nie; dit is ‘n kuns.

Bossie ·

Olifante is baie rustig en vredeliewend. Die volgende dinge maak hul rasend: 1. Die flits van ‘n kamera is lewensgevaarlik. 2. Enige skerp lig bv flitslig, karligte ens. maak hul ook van hul kop af. 3. En jy moet hul nooit van agter af benader nie. M.a.w. hul moet bewus wees van jou. Hulle haat dit om te skrik. Indien jy die goed in gedagte hou is jy redelik veilig. Hul bly egter nog wilde diere. Respekteer hulle.

Gesiggie ·

My innige meegevoel aan die mense se familie- ja Bossie ek stem 100% saam n mens moet baie versigtig wees en ook nooit te naby aan n Olifant beweeg, want hy voel dan bedreig? maar n mens vat maar partykeer kanse” en die paartjie wou ook maar net die oomblik vir altyd koester.. en net jammer dat daar nie n wildbewaarder naby was? maar ek dink als het net te vining gebeur…. dit is regtig so hartseer dat die 2 mense se vakansie so moes eindig?

Ook ·

Ook is daar verdagtes reg deur die land wat gevaarliker is as die wilde diere.

kat ·

Ook jy is reg want hulle stroop die arme diere.
Ek is jammer oor die twee sterfgevalle – maar jy lol nie met wilde diere nie.
Ent van die prent.

Bossie ·

Is so Gesiggie. Ons het ook al kanse gevat en leeus het ons amper gevreet. Nie gedink hul hou ons dop nie. Ons ken immers Afrika en dit was sommer net dom. Ek is egter seker die toeriste was net onkundig en my hart breek oor hul tragiese dood. Juis omdat hul so graag herinneringe wou vasvang. Daarom noem ek die gevare. Dalk red dit eendag iemand wat hier lees se lewe…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.