Twee val na hul dood oor seks op balkon

Argieffoto

Argieffoto

Twee jongmense is dood nadat hulle van die balkon van ‘n woonstel in die Knights Tower in Londen afgeval het.

Die Daily Mail berig dat Miguel Ramos (18) en Anastasia Tutik (19) glo besig was met ‘n warm vryery op die balkon toe hulle gegly en na hul dood geval het. Hul het glo van die balkon op die sesde vloer af geval. Die twee was glo by ‘n partytjie om die einde van hul skoolloopbaan te vier.

‘n Ooggetuie het aan die koerant gesê dat die twee “probeer” het om seks te hê en dat Ramos vir Tutik op die reling probeer tel het. Die ooggetuie het gesien hoe hulle val en na die sypaadjie gehaas waar hy op hulle liggame afgekom het.

Die polisie sê hulle glo dit was ‘n tragiese ongeluk.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.