Twee vas ná ‘grusame’ moord op huishulp

Argieffoto

Twee vakansiegangers in Hawaii is Saterdag in hegtenis geneem nadat die liggaam van ʼn huishulp Donderdag in hul gehuurde vakansiehuis deur nuwe huurders aangetref is.

John McCarthy, woordvoerder van die polisie, sê die twee het Telma Boinville (51) na bewering met ʼn bofbalkolf doodgeslaan voordat hulle haar motor gesteel en gevlug het.

Volgens McCarthy het die twee Boinville se agtjarige dogter ook vasgebind en ʼn plastieksak oor haar kop getrek voordat hulle op die vlug geslaan het. Sy is deur die nuwe huurders aangetref en is ongedeerd.

Boinville was volgens mediaberigte deur die vakansieoord gekontrakteer om na die huureenhede om te sien.

Kevin Emery, Boinville se man, het aan Hawaii News Now gesê hy is deur polisielede verbied om in die vakansiehuis in te gaan omdat die toneel “te grusaam” was.

“Hulle het my dogter vasgemaak en my vrou met ʼn bofbalkolf doodgeslaan. Hulle wou my nie eens by die huis inlaat nie omdat dit te ontstellend is. Bid asseblief net vir my en my familie,” het hy gesê.

Geen motief is in dié stadium bekend nie. Die polisie is steeds besig met ʼn ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan de Beer ·

Ek is seker dit die wereld het ook soos nou geword kort voor die sondvloed…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.