Twee word steeds vermis na New York-ontploffing

Ontploffing op 26 Maart 2015 in New York Foto: Bill the Artist, Facebook

Ontploffing op 26 Maart 2015 in New York Foto: Billy the Artist, Facebook

Twee persone word steeds vermis nadat ʼn gebou in New York ineengestort het na ʼn ontploffing.

Die ontploffing het Donderdag in die East Village plaasgevind. ʼn Brand het na die ontploffing uitgebreek en het na vier verskillende geboue in 2de Laan versprei. Verskeie geboue het Vrydag steeds gesmeul.

Burgemeester Bill de Blasio het gesê 22 persone is in die voorval beseer, waarvan vier in ʼn kritieke toestand verkeer.

Beamptes van die New York-polisie het aan CBS gesê dit was ʼn gasontploffing.

Today..really breaks my heart..

Posted by Billy the Artist on Friday, 27 March 2015

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.