Tweede dubbelspel vir Federer en sy vrou

Roger Federer Foto: sportskeeda.com

Roger Federer Foto: sportskeeda.com

Nog foto’s volg onderaan die berig. Die tennisster Roger Federer en sy vrou Mirka se tweede tweeling is Dinsdagaand gebore.

Die egpaar het reeds ʼn vierjarige tweeling, Myla Rose en Charlene Riva. Federer het die tweelingseuns se koms op Facebook aangekondig: “Ek en Mirka is ongelooflik dankbaar om te kan sê Leo en Lenny is vanaand gebore! Alweer ʼn tweeling… Wonderwerk!”

Die kans is ongeveer 1 uit 700 000 om ʼn tweede tweeling te kry.

Federer het vroeër aangekondig dat hy uit vandeesweek se Madrid Ope gaan onttrek om sy vrou die volgende paar weke by te staan.

Die 32-jarige tennisster is tans volgens die Association of Tennis Professionals (ATP) vierde in die wêreld. Hy is al sedert 2002 onder die top 10-spelers.

Mirka Federer en die tweeling Foto: rogerfedererfans.com

Mirka Federer en die tweeling Foto: rogerfedererfans.com

Roger Federer en Mirka in 2009 saam met die eerste tweeling Foto: couriermail.com.au

Roger Federer en Mirka in 2009 saam met die eerste tweeling Foto: couriermail.com.au

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Dis nou dubelle dubbel geluk. Ten minste kan hulle dit bekostig. Baie geluk julle!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.