Tweede hartseer vir Celine Dion

Celine Dion

Celine Dion

ʼn Tweede tragedie het die sangeres, Celine Dion, getref, enkele dae nadat haar man, René Angélil (73), aan kanker oorlede is.

Daniel Dion, Celine se ouer broer, is Saterdag in die ouderdom van 59 oorlede nadat hy ook ʼn lang kankerstryd gevoer het.

“Na ʼn lang stryd teen kanker, laat Daniel sy ma, Thérèse Tanguay-Dion, sy dogters Valérie en Marie-Michelle, sy kleinkinders Matis en Laurianne en sy broers en susters Denise, Clément, Claudette, Liette, Michel, Louise, Jacques, Ghislaine, Linda, Manon, Paul, Pauline en Céline agter.

Daniel is in sy laaste dae by ‘n palliatiewe sorgsentrum in Quebec versorg. CNN berig hy het aan ʼn soortgelyke siekte as Angélil gely en is by die sentrum opgeneem met keel-, tong- en breinkanker.

Die familie het die media en publiek versoek om hul privaatheid in hierdie tyd te respekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Peet Schabort ·

Kanker kom so ongevraagd na jou kant toe met ‘n verhouding tans van 1:2 wêreldwyd. Ja, EEN reeds (of gaan kry) met kanker uit TWEE persone.

SNEL ·

Sjoe, dis vreeslik vir arme Celine, so opmekaar.
Ja Peet, kanker is n pes wat so vinnig op mens kan toesak. Ek wonder net is dit ons eetgewoontes, vuil lug of baie spanning en gejaagde lewe wat mens deesdae meer vatbaar maak. Ek het self al deurgeloop, gelukkig nou skoon, maar mens wonder altyd wat die oorsaak is. Die “hulle” sê mens moet alkalies eet want kanker kan nie in sulke omstandighede floreer nie. Ek het al gehoor van gevalle waar die alkaliese dieët gewerk het, maar goeiste, maklik is dit beslis nie, mens moet seker net probeer gesond lewe…. gesond eet en oefeninge doen.

Karen ·

Hoe lewe n mens gesond wanneer alles wat ons inneem vergiftig is? Die water is vol chloor, fluoride en wat nog alles? Die kos is GMO en vol gif gespuit om nie eens die transvette ander gemors olies , gemorskos, CAFO VLEIS WAT BEHANDEL IS MET ANTIBIOTIKA EN HORMONE EN ANDER DIERE WAT HUL GEVOER WORD ENS ENS ENS….

SNEL ·

Sekerlik so Karen, maar in my geval kan ek my oorgee aan suiker (terte, koeke, lekkers, sjokolade…..enige ding wat gelaai is met suiker en kilojoules) wat n groot euwel is vir kanker en wat ook aanleiding gee vir oorgewig wat n mens se kanse ook vergroot. Behalwe dit is vandag se lewe gejaag en alle kosse moet kitskosse wees wat weer gelaai is met preserveermiddels, kleur- en geurmiddels wat ook n voorloper van kanker is. Ja, groente, vrugte en vleise het ook goed op, en in wat nie reg is nie, maar ek kies deesdae om so natuurlik moontlik te eet (kry ook my tye wat ek hand uit kan ruk) en goed te voel en makliker te beweeg as om opgeblaas en ongemaklik te voel en dan nog ekstra gewig saam te dra wat dit moeilik maak om te beweeg en dinge te doen. Ek sukkel maar met die gewiggies as jy wonder en eet ook nie 100% reg die hele tyd nie, maar ek het begin om etiket labels te lees en kyk wat ek eet en by my mond indruk. Dit gaan my sekerlik nie vrywaar van kanker nie, maar at least voel ek beter en beweeg ek makliker. Die “hulle” het ook al gesê, niks wat ons eet is veilig nie, so kies ons moet maar n manier kies hoe ons wil gaan, want elke ding het n nadeel. Help ook seker nie mens gooi alles net oorboort omdat die ding dat inhet en daai ding weer dit nie, mens moet seker maar kies wat doen die minste skade….bietjies maak mos baie.

SNEL ·

Jammer my sin was baie deurmekaar ….so moet ons maar n manier kies hoe ons wil gaan.

Sus ·

En dit alles gaan oor geld. Die boer moet die beste produk op die mark sit…….mbv hormone, plaagdoders, GMO. Die farmaseutiese maatskappye lag al die pad bank toe met die astronomiese koste verbonde aan medikasie. So is daar nog verskeie ander skakels in die ketting wat geen morele waardes nastreef nie – net geld!

Andrea van Vuren ·

Sus, plant groente tussen jou blomme of in potte, en indien jy ‘n grasperkie het, hou ‘n skapie en twee hoenders aan. Jy sal ten minste weet hul is nie vol gifstowwe nie!

Tonginniekies ·

My beskeie opinie is dat stress meer effek het op die ontstaan van kanker as al die ander “slegte” goete. Jy het een lewe; leef dit voluit. As jy lus is vir ‘n ongesonde stukkie vleis, sjokolade, suiker of wat ookal, eet dit. Jy mag dalk vanaand in jou huis vermoor word of op pad huistoe in ‘n ongeluk omkom. Die lewe is te kort om oor goed buite jou beheer te tob. Onthou die lewe is ‘n terminale siekte. Niemand het dit nog ooit lewendig na die anderkant toe gemaak nie. Om gesond te lewe is maar net die absolute stadigste manier wat jy kan doodgaan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.