Tweede massaskietery in VSA binne 24 uur

Bewyse van die dodelike skietery wat enkele ure tevore naby die kuierplek afgespeel het. (Foto: Dan Sewell/Twitter)

ʼn Tweede dodelike massaskietery het hom binne 24 uur in die VSA afgespeel.

Nege mense is Sondag in die vroeë oggendure dood toe ʼn aanvaller in die stad Dayton, in Ohio, losgebrand het. Minstens 27 ander is beseer. Verskeie van hulle is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Die meeste mense is vir skietwonde behandel, maar ander is vir onder meer snye behandel wat hulle opgedoen het terwyl hulle van die toneel probeer vlug het.

“Die aanvaller is dood,” het die Dayton-polisie getwiet.

“Ons het beamptes in die nabye omgewing gehad en kon vinnig reageer en dit beëindig.”

Die burgemeester van Dayton, Nan Whaley, het polisielede geprys wat binne ʼn minuut op die aanval gereageer het, het CNN berig.

In dié minuut is die slagoffers doodgeskiet en die talle ander gewond.

Die aanvaller het ʼn koeëlvaste baadjie gedra en ekstra magasyne vir sy hoëkapasiteitvuurwapen by hom gehad.

Volgens CNN het die skietery het buite die Ned Peppers-kroeg in die Oregon-distrik gebeur. Dit is ʼn besige buurt met talle restaurante, nagklubs en kuierplekke waarheen duisende mense oor naweke stroom.

Die aanval in Dayton kom net ure ná die dodelike aanval in El Paso in Texas, waar 20 mense doodgeskiet en 26 ander gewond is.

ʼn 21-jarige aanvaller is reeds in verband met dié aanval in hegtenis geneem.

Die FBI was ook op die toneel om die skietery te ondersoek.

Pres. Donald Trump het intussen ook sy medelye met die inwoners van Dayton betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

hendrik ·

Nou-ja, wat het ons hier. n Herhaling van ons jare ’60 en 70″s maar hierdie keer in die magtige VSA.

chrisjan ·

Die wettigheid vir die aankoop van enige aanvals geweer in Amerika deur die publiek is ‘n groot probleem daar.Hierdie moordenaar het met ‘n .223 soortgelyk aan ‘n R4 losgebrand.Sy magasyn hou 30 koeels so hy kan groot skade aanrig in ‘n baie kort tydjie.

chris ·

‘n Tuisgemaakte bom kan baie meer skade aanrig. Dis nie die dooie vuurwapen, mes of voertuig se skuld nie, dit die kranksinnige persoon wat dit doen.

Cherokee ·

Die absolute standaard is dat moslems dit doen. Hier is steeds geen aanduiding nie.

SM ·

Tyd vir gun control? Horrible! en die skieters is so jonk… en haal onskuldige mense uit.

gatiep ·

Skietery is skaars klaar dan word daar onmiddelik gevra vir guns avat.
Dink nie mense besef dat as publiek se guns afgevat word kan hulle niks doen as hulle goverments dictators raak nie.
Die 2nd amentment in USA is nie daar sodat mense guns kan he om te jag nie.
Dit is daar om publiek te beskerm teen hulle goverments.
Hulle probeer ons guns afvat en hier is nie eens masshootings nie.

madels ·

Dink net as een 2 of 3 mense in die plek ook n geweer gehad het, kon hulle terug geskiet het en die persoon dood geskiet het… gun control is katastrofies!

chris ·

Jy is reg, elke verantwoordelike burger van die land behoort ‘n “gun te control”. Dink net as elkeen daar gewapen en opgelei was, sou die sielsieke waarskynlik eerste ‘n genadeskoot gekry het.

Johanna Botha ·

En in sa is 57 mense vermoor elke dag …en dit is niks ?

Johan Swart ·

57 moorde in SA elke dag van die week, elke +-20 minute word iemand vermoor..dis 20805 moorde n 365 dae…volgende jaar is dit meer…dis die hoeveelheid persone van 20 hoërskole wat elke jaar vermoor word…..dis slegs moord (na dit is daar nog pad-ongeluk sterftes,verkragtings,selfmoord etc. wat nog by getel moet word.)

Haan ·

Moenie dink nie, vóél. Dalk n sameswering om aandag van die onlangse pedofilie skandaal af te trek?
Dalk n georkestreerde gebeurtenis om wapenbesit te kniehalter?

Moet tog net nie dink nie, vóél.

Johan Swart ·

Haan jy slaan ongelukkig die spyker op die kop.

Die MSM ,Youtube,Twitter,Facebook word vir die afgelope 3dae gesensor sodat wat regtig gebeur het nie vorendag kan kom nie….slegs die “agenda” word bevorder.

John ·

Pessiektes is nie noodwendig altyd fisiek van aard nie. Die mens is per slot van sake ‘n geestelike wese wie se denke sy dade rig. ‘Nou’ is orals in die globale stad; ‘Daar’ is ‘Hier’. Lees HG Wells se War of the Worlds en J Brunner se Stand on Zanzibar (1968) en The Sheep Look Up (1972) waarin hedendaagse gebeure raak voorspel word. Die BBC toon die aansluiting tussen die 2 Britse outeurs aan. SA is ook in die ‘Nou’.

Reine waarheid ·

En denke word met die bose oa haat oorheers saam met delms en drank en die ou duiwel lag.
Behoede ons asb, laat ons die ANDER LANDE se leiers OORDEEL NIE, wees die kwesbare genadig Here en versterk en beskerm die wat onskuldig in spervuur beland ook hier in RSA oorlog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.