Tweede persoon sterf in reksprongongeluk in Spanje

Kleyo de Abreu Foto: Facebook

Kleyo de Abreu Foto: Facebook

Daar is kommer oor die veiligheid van reksprong-entoesiaste nadat ʼn 17-jarige meisie van Nederland Maandagaand in Spanje gesterf het.

Die meisie, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het van ʼn 40 meter hoë brug afgespring naby Cabezon de la Sal, Cantabria.

Sy het daar naby saam met ʼn groep uitlanders gekamp en is die tweede persoon binne ʼn maand om tydens ʼn reksprong in Spanje te sterf. Kleyo de Abreu, ʼn 23-jarige vrou van Engeland wat in Suid-Afrika grootgeword het, het in Pinos de Valle in Granada gesterf.

Dit wil voorkom of ʼn gebrek aan kommunikasie moontlik gelei het tot die tragedie in Granada, aangesien die vrou gespring het terwyl die gids nog die lengte van haar tou nagegaan het.

Die omstandighede rondom Maandag se tragedie is nog nie duidelik nie. Die meisie het 40 meter ver geval en in ʼn droë rivierbed beland. Sy was deel van ʼn georganiseerde toergroep, gelei deur ʼn gids.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.