Tweede sterfgeval tydens Dakar

Lionel Baud se voertuig tydens Dakar 2016 Foto: @Adriiezequiel via Mundod

Lionel Baud se voertuig tydens Dakar 2016 Foto: @Adriiezequiel via Mundod

Een persoon is Dinsdag dood ná ʼn ongeluk tussen ʼn paar voertuie, insluitend ʼn voertuig wat aan die Dakar-wedren in Argentinië deelneem.

Die ongeluk het in die Juarez Celman-distrik, ongeveer 700 km noordwes van Buenos Aires plaagevind, het die Dyn-nuusagentskap berig. Dit was nie op die Dakar-roete nie.

Dit is die tweede noodlottige ongeluk tydens vanjaar se wedren nadat ʼn toeskouer van Bolivia Saterdag gesterf het toe die Franse bestuurder Lionel Baud, hom met sy Mitsubishi getref het. Baud het daarna van die wedren onttrek.

ʼn Vragmotor van Baud se span, nog ʼn vragmotor en vier privaat motors was betrokke in Dinsdag se ongeluk, het die La Voz del Interior-koerant berig.

Volgens ʼn plaaslike radiostasie, Cadena3, het Baud se medebestuurder, die Fransman Thierry Dezeiraud, Baud se motor bestuur toe dit na die hawe gesleep is om verskeep te word.

Een van die motorbestuurders is dood en vyf persone is beseer.

Twaalf toeskouers is aan die begin van die Dakar-wedren in Arrecife, Argentinië beseer toe Guo Meiling van China beheer verloor het oor haar motor en in die skare ingeploeg het.

Die Dakar-wedren het vanjaar op 2 Januarie in Buenos Aires begin, vanwaar die deelnemers deur Argentinië en Bolivia ry en op 16 Januarie in Rosario, Argentinië eindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charlene ·

Voor almal nou klippe begin gooi na Baud.. Het julle al gesien hoe hang die toeskouers en kyk, hulle staan in die pad en wag vir die kar om die draai gejaag te kom en wil dan uit die pad spring. Ek het simpatie want daar is dalk familie wat agter bly maar hel man, mens staan nie voor `n kar wat jaag nie. Mens speel nie chicken met so `n kar nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.