Tweeling verdrink in wasmasjien

wasmasjienʼn Driejarige tweeling het verdrink nadat hulle vir ʼn wyle alleen gelaat is en in ʼn wasmasjien beland het.

Volgens die polisie het die voorval Saterdag in Rohini, Nieu-Delhi, in Indië plaasgevind. MN Tiwari, woordvoerder van die polisie, het gesê die tweelingseuntjies se ma het net gou uit die woonstel geglip om wasgoedpoeier te gaan koop nadat sy die wasmasjien vol water gemaak het.

“Sy was vir sowat ses tot sewe minute weg en toe sy terugkom, kon sy nie haar seuntjies vind nie.” Die vrou het haar man gebel en hulle het na die seuntjies begin soek. Hulle het die seuntjies eers later in die wasmasjien gevind en dadelik met hulle na ʼn hospitaal gejaag. Die seuntjies is egter met hul aankoms dood verklaar.

“In dié stadium lyk dit soos ʼn ongeluk,” het Tiwari gesê. “Ons het ʼn ondersoek begin en wag ook vir die nadoodse ondersoek om afgehandel te word.”

Volgens The Times of India probeer die polisie nog vasstel hoe albei seuntjies in die wasmasjien beland het al word daar in die stadium geen vuilspel vermoed nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Alta Schutte ·

Ag ek glo dit nie…hoe pas twee driejarige kinders binne in ‘n wasmasjien vol water?…nu..uh…hier is iets nie reg nie…!

Simon ·

Ons wasmasjien is verseker groot genoeg. Kan nogal dink dat so iets sou moontlik wees…

Dirk Strauss ·

‘n Meer akkurate opskrif sou wees “Tweeling in Indië verdrink in Wasmasjien”.

Johan. H. ·

MM ons het genoeg moord en gemors ,in die land , Hoekom ons weer van die dood herriner in n ander oorbevolkte land,Soos hier bo moes julle se :tweeling in Indiee”

Christa ·

In die berig staan sy het eers die wasmasjien VOL water getap en toe wasgoedpoeier gaan koop. As die wasmasjien vol was sou dit oorgeloop het toe 2 kinders daarin klim en sou sy kon sien die vloer is SOPNAT!!! Dit moes klaar vir haar ‘n teken wees dat iets nie pluis is nie!!!

johann ·

Net n blond tap n wasmasjien vol tot bo. waar moet die wasgoed inpas. meeste wasmasjiene gebruik 30 % van sy volume vir water

Kathleen Bezuidenhout ·

Ek voel die persoon wat se net ‘n blond sal ‘n wasmasjien vol water tap en loop moet baie mooi dink ek is blond en trots daarop so jou comment is regtig ongevraagd

Mamma ·

Baie vreemd! Meeste wasmasjiene tap eers water in as die wasgoed klaar in is! Daar is nie plek vir twee driejariges saam met die wasgoed nie! Die drom is ook nie so diep dat n driejarige kind nie daar kan uitkom nie! Jammer maar ek was elke dag van my lewe wasgoed, het verskillende masjiene gehad en hulle kan nie inklim in n masjien waar die deur aan die kant oopmaak as daar water in was nie en as dit n toploader was tap mens nie “self” water in nie! Sodra jy die deksel toemaak begin dit eers intap en dan kan jy nog uitkom, dit het nie n lock op nie! Klink verdag!!!

Nie noodwendig nie ·

Nie noodwendig nie. As student het ek so n stokoud model gehad wat begin water tap sodra mens die program kies….mens kon hom ook enige tyd gedurende die was proses oopmaak. Inelkgeval…dis jammer die vrou het nie eerder die tweeling saam gesleep winkel toe nie…

wendy ·

My vraag ook
Hoe kan jy twee 3jariges alleen los in die eerste plek
ONVERANTWOORDELIKHEID!!!!!!!!

Aan nie noodwendig nie ·

Sy het nog nie die program gekies nie, dus kon nie eers ‘n ou masjien water ingetap het nie. Net ‘n dubbelbalie wat jy dalk self water intap sou dalk prakties kon wees, maar as sy nog nie waspoeier gehad het nie sou sy NIE die program gekies het nie. Was die klere reeds in, en het sy net waspoeier gaan soek, hoe kom TWEE kinders in ‘n wasmasjien in? Weereens ‘n wasmasjien met water in (en as daar reeds klere ook in was) het nie plek vir ‘n drie jarige tweeling nie. Daar is nie ‘n manier nie. EK is jammer vir hulle verlies, maar Twee en Twee maak hier NIE vier nie!! Hier is FOUT! ‘n Kind kan wel in ‘n emmer water verdrink maar nie twee kinders gelyk in ‘n wasmasjien vol water (en wasgoed) nie .. not ‘n chance.

Melissa ·

Hoekom die masjien vol water tap en nie wasgoed insit nie? As daar wasgoed in was sou daar nie plek gewees het vir 2 kinders ook nie.?

Anoniem ·

Hoe los jy sulke klein kindertjies aleen by die huis in die eerste plek?

Jenine ·

Verkriklik..!!!!! Net die Here weet wat daar gebeur het. Sterkte…as dit dit n ongeluk was. As nie..die Here sal nie die skuldige laat vry gaan nie…

Gideon ·

Ek dink nie dit is onnodig om sulke artikels te plaas nie, ek glo net die foto is nie van daardie wasmasjien nie!! Iemand het die kinders daar ingedruk!

Johann ·

Absolute agterloosigheid van die toesighouer van die kinders

Rierie ·

Die kommentaar is erger as die berig! Elke ou kyk waarmee hy fout kan vind, en le dan ‘n eier. Dan le die kommentators weer eiers oor die vorige kommentaar. Mense verbaas my nog elke dag.

J ·

Shame so hoog waar is leer om in die wasmajiene te klim. ……… ek tuik n rot.

J ·

Shame so hoog waar is leer om in die wasmajiene te klim. ……… ek ruik n rot.

Karla ·

So 17 jaar terug amper met my ook gebeur, my dogter het op toilet geklim, handjies in water gedruk en binne in wasmasjien geval, terwyl ek wasgoed op gehang het, dankie onse Vader ek was onrustig en het gaan kyk wa is sy….. net betyds om te sien koppie in water en voetjies skop bo…. ek kan nie genoeg dankie sê ek het nie wasgoed kla op gehang nie….

Piet ·

Jy kry in die n industriele wasmasjien te koop wat waar 2 kinders kan inpas. Die tipe masjiene is gaie gewild by vakansie oorde. Gaan kyk maar.

Amanda ·

Dink dis moontlik v 1 kind!! Ht myself n industriale wasmasjien, en ht ook n 3 jarige seuntjie I’d huis!! Hy drai Di wasgoed mandtjie onderste Bo, Staan op hom om te kyk hoe Di was masjien maak!! Ht hom al n paar keer gevang!! Maar nee ni 2 ni!!

Tina du Toit ·

Baie tragies, maar pleks die ma maar kinders op haar heup gegooi het en wasgoedpoeier gaan kry het, mens kan nie sulke klein kinders alleen los nie. Enige iets kan hulle oorkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.