Twitter kan dalk gou bel ook

(Foto: Pixabay)

Elon Musk, eienaar van Twitter, het aangekondig dat stem- en video-oproepe binnekort op die platform beskikbaar gaan wees.

“Met die nuwe funksie sal gebruikers met enigiemand op enige plek ter wêreld kan gesels – en dít sonder om hul selfoonnommer te deel,” lui Musk se twiet.

In ʼn daaropvolgende boodskap het Musk aangevoer dat die WhatsApp-boodskapdiens, wat deur Meta bedryf word, “nie vertrou kan word nie”.

ʼn Boodskapfunksie sal beteken dat Twitter met ʼn verskeidenheid van ander gratis dienste kan meeding, waaronder Messenger, Signal, Telegram en natuurlik WhatsApp.

Twitter sal ook Woensdag begin om direkte boodskappe op die platform te enkodeer en inhoud te skommel [wat in Engels as “scramble” bekend staan] om gebruikers se privaatheid te beskerm, sê Musk.

Sedert hy Twitter verlede jaar vir $44 miljard gekoop het, het Musk talle veranderinge op skynbaar impulsiewe maniere in werking gestel – soms tot groot konsternasie van gebruikers.

Die Twitter-baas het onlangs in die openbaar oor die bou van ʼn veeldoelige “X”-app gesels wat onder meer boodskappe, betalings en ander funksies kombineer.

Musk het die tegnologiefirma onlangs deel van die “X”-korporasie gemaak. Dít het met die Twitter-maatskappy se naam weggedoen, hoewel dit steeds as die naam van die platform gebruik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marthinus W ·

In Telkom het ons 20 jaar gelede al n aanbieding bygewoon, waar genoem is dat telefoon- en selfoonnommers gaan verdwyn. Alles gaan draai om n IP-adres.

Gaitsigubib ·

IP – adres = id nommer. Later gaan jy hierdie adres kry op jou hand of op jou voorkop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.