Twitter vergader met Turkse regering

Twitter-verbod in Turkye Grafika: Mashable

Twitter-verbod in Turkye Grafika: Mashable

Uitvoerende lede van Twitter sal met beamptes van die regering in Turkye vergader, het ʼn woordvoerder van die maatskappy Sondag gesê, nadat die land se eerste minister gesê het hy gaan dié sosialemedia-platform vir belastingontduiking vervolg.

Die woordvoerder van Twitter het nie verdere besonderhede verskaf nie. Na verwagting sal die vergadering Maandag plaasvind.

Eerste minister Recep Tayyip Erdogan het Saterdag die maatskappy beskuldig van belastingontduiking. “Twitter, YouTube en Facebook is internasionale maatskappye wat gevestig is om wins te toon en geld te maak,” het Erdogan gesê. “In hierdie stadium ontduik Twitter belastingbetaling. Ons sal dit ondersoek.”

Erdogan se regering het op 20 Maart gebruikers in Turkye toegang tot Twitter verbied weens vermeende inligting wat op sosiale media uitgelek het wat sy regering beskuldig van korrupsie.

Die verbod is op 3 April opgeskort nadat die hoogste hof dit as ʼn oortreding op reg van vryheid van spraak bevind het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.