Twitter waarsku weer teen Trump-twiet

Pres. Donald Trump. (Foto: Evan Vucci/AP)

Twitter het weer ʼn waarskuwingsetiket – dié van “Manipulated Media” – by een van die Amerikaanse president, Donald Trump, se twiets geplaas.

Trump is een van die Twitter-gebruikers met die meeste volgelinge op die platform.

Die sosialemediaplatform het ná die plasing van die video gewaarsku dat dit verbind kan word met ʼn blad wat die video gemanipuleer het om die insetsel na deel van ʼn werklike CNN-uitsending te laat lyk. Verskeie joernaliste het bevestig dat die video wat Trump gedeel het, egter geredigeer is.

Die gedokterde video gebruik oorspronklike beeldmateriaal uit ʼn video van twee kleuters, een wit en een swart, wat CNN verlede jaar as deel van ʼn insetsel oor die seuntjies se vriendskap gebruik het. Die video het destyds soos ʼn veldbrand versprei.

In die video wat Trump nou gedeel het, begin die beeldmateriaal met die seuntjies wat hardloop – terwyl onheilspellende musiek in die agtergrond speel – en waarin die CNN-opskrif, spelfout en al, lui: “Terrified todler runs from racist baby”.

Daar word oorgeskakel na ander beeldmateriaal van die oorspronklike berig waar die seuntjies opgewonde na mekaar toe hardloop en dan omhels – die grondslag van die oorspronklike CNN-berig. Dan verskyn die boodskap: “America is not the problem. Fake news is.”

Die etiket by Trump se twiet is die jongste salvo in die stryd tussen Trump en tegnologie-maatskappye. Die Amerikaanse president beskuldig hulle daarvan dat hulle konserwatiewe stemme probeer stilmaak.

Trump het verlede maand na Twitter gekap nadat die sosialemediaplatform waarskuwings, naamlik dat die feite van twee van Trump se twiets nagegaan moet word, by sy plasings gevoeg het.

Trump het intussen ook onderneem om nuwe maatreëls in te stel om sosialemediamaatskappye in die bek te ruk.

Twitter het in Maart dieselfde waarskuwing by ʼn twiet van Trump geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Luister ·

Maar dit is mos presies wat gebeur op sosiale media. Ontken hulle dit? Mens sien duisende sulke videos waar mense hulle eie opskrifte bysit en bydra tot fopnuus.

Willem ·

Volgens berigte is daar aansoek gedoen vir bykans ‘n miljoen kaartjies vir Trump se komende groot vergadering in Tulsa. Kom ons kyk hoe berig die media dáároor!

Sias ·

MM asb wees net onpartydig en opreg in alles wit julle plaas. Ek het geen geloof in nuus media deesdae.

J ·

Go Donald Trump … GO!

BESTE LEIER OOIT IN DIE WESTE …!

Hy gaan die komende verkiesing wen met ‘n groter meerderheid!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.