Tyd loop uit vir Marioepol

‘n Man hou die Oekraïense vlag vas. (Foto: Thomas Sjoerup/Ritzau Scanpix/AFP)

Terwyl die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, byna daagliks met internasionale betrokkenes vergader om steun te wen het magte op voetsoolvlak Maandag gesê dat die “laaste geveg” om Marioepol se hawe nou op hande is.

“Vandag sal die laaste geveg waarskynlik plaasvind aangesien die ammunisie besig is om op te raak,” het die 36ste Marine Brigade van die Oekraïense gewapende magte op Facebook gesê.

“Dit beteken die dood vir sommige van ons, en gevangenskap vir die res.”

Oekraïense magte verdedig die hawe al vir 47 dae teen die Russe en het glo alles moontlik gedoen om beheer oor die stad te behou. Hulle word egter nou deur die Russiese leër omsingel.

Volgens die brigade is sowat die helfte van sy soldate gewond en dié wat nog regop kan staan, baklei terug.

“Die skietgevegte word nou deur artilleriesoldate, lugafweerskutters, radio-operateurs, drywers en kokke uitgevoer. Selfs lede van die orkes help nou om terug te baklei.”

Die brigade voer ook aan dat daar ʼn gebrek aan ondersteuning van grootkoppe in die Oekraïense weermag is.

“Niemand kommunikeer meer met ons nie. Ons is afgeskryf.”

Zelenski het Maandag tydens ʼn videogesprek met Suid-Koreaanse owerhede gesê dat “derduisende” mense moontlik in Marioepol dood is weens die voortslepende konflik met Rusland.

“Die Russe het Marioepol heeltemal vernietig en dit tot as verband,” het hy gesê. “Minstens tienduisende Marioepol-burgers is seker in die proses doodgemaak.”

Zelenski het Maandag met die owerhede vergader in die hoop dat Suid-Korea militêre toerusting, onder meer vliegtuie en tenks, aan die Oekraïense weermag kan skenk.

Suid-Korea het egter hierdie versoek van die hand gewys, aangesien die verskaffing van sulke wapens sy eie “militêre gereedheidsposisie” sal beïnvloed.

Volgens die land se minister van verdediging het hy reeds $800 000 se nie-dodelike militêre toerusting, wat veiligheidsbaadjies en mediese toerusting insluit, aan Oekraïne geskenk.

Oorlogsmisdade ondersoek

Lede van die Franse polisie het Maandag in Oekraïne aangekom om die bewerings dat Rusland oorlogsmisdade in dorpe om Kiëf gepleeg het, te ondersoek.

Dit kom nadat Oekraïense magte op honderde liggame in onder meer Bucha afgekom het nadat die Russiese weermag uit die hoofstad en ander dorpe teruggetrek het.

Etienne de Poncins, Franse ambassadeur in Oekraïne, het 20 ondersoekbeamptes in uniform in die westelike stad Lviv verwelkom.

Oekraïne het onderneem om diegene verantwoordelik vir die dood van sy burgers op te spoor en tot verantwoording te roep.

Die land se hoofaanklaer, Iryna Venediktova, het Sondag gesê dat minstens 1 200 lyke naby die hoofstad ontdek is en dat owerhede nou 5 600 beweerde oorlogsmisdade ondersoek waarby 500 verdagtes van Rusland se regering en weermag glo betrokke is.

Hoewel Moskou sy betrokkenheid by die gru-dade ontken, het beelde van burgers se lyke mense in lande regoor die wêreld geskok.

Zelenski het nou ʼn spesiale meganisme geskep om Russiese “misdade” in Oekraïne te ondersoek – dit sluit nasionale en internasionale kundiges in.

Europese leier vergader met Rusland

Oostenryk se kanselier, Karl Nehammer, sal na verwagting Maandag pres. Wladimir Poetin in Moskou ontmoet in ʼn poging om die “humanitêre hel in Oekraïne” te help versag.

Nehammer sal die eerste Europese leier wees wat Poetin beraadslaag sedert die aanvang van Rusland se inval in Oekraïne.

Hoewel Nehammer nie ʼn mandaat van die Europese Unie (EU) het vir dié besoek nie, het hy wel belangrike EU-leiers vooraf omtrent sy planne ingelig, het Alexander Schallenberg, Oostenryk se minister van buitelandse sake, aan verslaggewers in Luxemburg gesê.

Nehammer glo dit is nodig dat “geen steen onaangeroer” gelaat word om te help om die haglike toestand waarin Oekraïners hulself bevind, te probeer verlig nie.

Volgens Schallenberg het Nehammer eindelik onderneem om Poetin te gaan sien nadat hy Saterdag Oekraïne se hoofstad besoek het.

“Elke stem wat vir Poetin dit duidelik maak hoe die werklikheid buite die Kremlin-mure is, is nie ʼn verlore een nie,” sê Schallenberg.

Nehammer gaan glo daarop aandring dat “humanitêre korridors” geskep word sodat burgerlikes wat in plekke soos die beleërde stad Marioepol vasgevang is, veilig ontruim kan word en dat internasionale humanitêre organisasies hul werk kan doen.

Daar word ook verwag dat Nehammer die onderwerp van die beweerde oorlogsmisdade met Poetin gaan bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dries ·

Vergeet van die oorligmisdade. Almal weet dit. Julle mors tyd. Sorg dat die beloofde wapens daar kom. Die mense het dit nodig. Dit is dringend

Frans ·

Die aanstelling van die ‘slagter van SirIë’ deur Putin on die aanslag te lei beteke net een ding.totale vernietiging van die stad met alles wat die slagter tot sy beskikking het,want menselewens beteken niks vir hom en sy psigotiese baas Putin/

casper ·

En die wereld kyk oorlog op TV met pofkoring eerder as om daadwerklik in te gryp en die massamoord te stop !!
Spul bangbroeke !!!

Marthinus W ·

Volgens die oud-soldate webwerf veteranstoday.com, is daar fotos van die sogenaamde “misdade” deur die Russe wat mannekyne is, of nagemaakte bloed, daar een video wat wys hoe n “dooie” sy kop oplig. Daar is ook n goeie foto van Amerikaners wat daar veg, met die Navo/Azof/Nazi-vlae wat wapper. Ons sal slegs n eerlike opinie kan lug indien hierdie “misdade” eerlik ondersoek word, maar dit sal nie gebeur indien Oekraien skuldig is nie.

Kobus ·

Zelenski soek WO3… wie het vir wie binnegeval? Wie vernietig n land en dreig met kernoorlog as enige ander land betrokke wil raak. Jy en Puthinus ondersteun seker ook Pandor se mening, of het seker gratis mediese behandeling ontvang soos Zuma en die kaders…..

Pim die Skim ·

Dit wys weereens dat die MSM met sy verskuilde agenda niks anders as leuennuus is nie. Volgens die flopnuus van MSM is Putin besig om die oorlog te verloor terwyl George Soros , (‘n Hungarians gebore Amerkaanse billioenêr belegger en filantroop), se neffie kwansuis die russe bloedneus gee. Die baddy hier is die verstandelijk belemmerde Biden wat niks anders is as ‘n pop in die poppenspel van die superryk wat na ‘n een wêreld bestel streef en die wêreld in ‘n wêreld oorlog wil dompel nie.

Frans ·

Die ‘slagter van SirIë’ “Gen. Alexander Dvornikov, 60, is one of the country’s most experienced — and most notorious — military bosses, who led the Russian forces in Syria for the past decade.

The United Nations says more than 350,000 people were killed in the Syrian conflict, no thanks to Dvornikov, who ordered troops to destroy cities and drop barrel bombs that displaced millions.”

Marthinus W ·

Ray McGovern, CIA-spioen met 30 jaar ondervinding, het genoem dat, in Sirie, daar n groep terroriste is wat deur die Pentagon opgelei is, en wat veg teen n groep terroriste wat deur die CIA opgelei is. Op hierdie oomblik is Amerika besig om Sirie se olie en graan met trokke uit te ry en te verkoop. Die Russe is deur Assad gevra om die terroriste, wat deur Amerika onder meer bevonds is, aan te vat. Die terroriste het meer doodgemaak as die regeringsmagte.

Thom ·

The Conservative Review in March 2018 described McGovern, as “an anti-war activist except when it comes to any kinetic activity that Russia engages in

Marthinus W ·

McGovern se taak was om elke dag Russiese publikasie soos Prawda, Izwestija, Troed, Le Humanite te lees, en dan n opsomming en analise aan Langley te stuur. Hy se die media in Amerika is vandag so korrup, hy moet weereens elke dag Russiese publikasies lees om te sien wat aangaan.

In Amerika word enige persoon wat Rusland nie demoniseer nie, afgekraak. Wyle prof Stpehen F Cohen is bv “Putin’s toady”, “Putin’s apologist” ens genoem. dit is vor die hand liggend dat Ray afgekraak sal word, inteendeel, n paar jaar gelede is hy fisiek aangerand deur woedende anti-ruslanders. Toe Alistair Campbell sy boek oor wie in die wereld “wenners” is, en hy Poetin daarby insluit, het Christaine Amanpour van CNN amper n hartaanval gekry. Sy antwoord is dat Poetin n plan het, waarby hy bly, en suksesvol deurvoer.

andre ·

Dit sal insiggewend wees as MM n neutrale joernalistieke ondersoek loods na die opkoms van Zelenski , sy bondgenote en sy geskiedenis en dit vir ons lesers plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.