Uber-bestuurder vas oor Britse diplomaat se moord

Rebecca Dykes Foto: ANA

ʼn Uber-bestuurder van Libanon is in hegtenis geneem en het glo skuld beken op aanklag dat hy ʼn vrou vermoor wat by die Britse ambassade in Beirut gewerk het.

ʼn Libanese veiligheidsbeampte het Maandag gesê volgens die voorlopige ondersoek was die motief vir Rebecca Dykes se moord bloot krimineel, nie polities nie. Hy het gesê die verdagte het dadelik skuld beken op die moord wat Saterdag plaasgevind het.

ʼn Woordvoerder vir Uber het in ʼn e-pos gesê die maatskappy is geskok oor die “sinnelose geweld”. “Ons betuig ons meegevoel met die slagoffer en haar gesin. Ons werk saam met owerhede om hulle ondersoek by te staan op enige moontlike manier.”

Die NNA-nuusagentskap in Libanon het berig die verdagte het Dykes Vrydagaand in sy taxi opgelaai in Gemmayzeh, Beiroet, voor hy haar aangerand en vermoor het. Die polisie het sy motor opgespoor deur kringtelevisiekameras op die snelweg.

Maroela Media het vroeër berig Dykes se liggaam is naby ʼn snelweg buite Beiroet gevind. Sy is verwurg. Sy het vir die departement van internasionale ontwikkeling by die Britse ambassade gewerk, aldus haar LinkedIn-bladsy.

Britse diplomaat se liggaam by snelweg gevind

Hugo Shorter, Britse ambassadeur in Libanon, het Sondag gesê: “Die hele ambassade is geskok en hartseer oor die nuus.”

Dykes se familie het in ʼn verklaring, wat deur Engeland se ministerie van buitelandse sake uitgereik is, gesê: “Ons is verpletter oor die verlies van ons geliefde Rebecca. Ons doen alles wat ons kan om te probeer verstaan wat gebeur het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jordaan ·

Lyk vir my in Afrika en die Midde Ooste is daar te veel risiko aan Uber.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.