Uganda se Museveni wen verkiesing sesde keer

Joseph Kazibwe luister op die radio na die verkiesingsuitslag in Uganda. Pres. Yoweri Museveni het weer gewen. (Foto: Yasuyoshi Chiba/AFP)

Die Ugandese pres. Yoweri Museveni het ʼn sesde termyn met 58,6% van stemme gewen in ʼn verkiesing wat betwis is deur sy grootste teenstander, Bobi Wine. Dié het 34,8% van stemme op hom verenig.

“Die verkiesingskommissie verklaar Yoweri Museveni as die verkose president van die republiek van Uganda,” het regter Simon Mugenyi Byabakama, kommissievoorsitter, gesê.

Volgens Byabakama het 57,22% van die land se byna 18 miljoen geregistreerde kiesers hul kruisies getrek.

‘n Verkiesingsplakkaat van Robert Kyagulanyi, oftewel Bobi Wine, hang in Magere, Uganda. Pres. Yoweri Museveni het die verkiesing vir ‘n sesde keer gewen. (Foto: Yasuyoshi Chiba/AFP)

Byabakama het mense aangemoedig om “kalm te bly en die uitslag van die verkiesing te aanvaar”, terwyl hy diegene wat feesvier daaraan herinner het om nie die Covid-19-pandemie uit die oog te verloor nie.

Wine, ʼn 38-jarige voormalige popster wie se veldtog die jeugdige bevolking – wat soek na verandering – meegevoer het, het die verkiesing as ʼn “opperste klug” bestempel.

Die verkiesing het gevolg op een van die land se gewelddadigste veldtogte in jare, met teistering en die inhegtenisneming van opposisielede, aanvalle op die media en die dood van minstens 54 mense.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frederik C

” Opperste klug ” inderdaad. Met die weermag, polisie, verkiesingskommissie & alle staatsinstellings aan sy kant, kan hy nie verloor nie.

Cherokee

Weet nie waarom die Ugandese na Suid Afrika vlug, want dit is nie anders.

Anel

Waar in Afrika kan daar demokratiese verkiesings gehou word? Dit is die groit vraag.

Is jy seker?

Een van die vreemste lande wat ek ‘n hele paar keer vir besigheid besoek het. Land in Entebbe langs pragtige Victoria meer. Dan begin die 41km rit na Kampala, 2 ure se ry op ‘n goeie dag. Op die berge wat oor die meer uitkyk sien jy huise wat Sandton se “mansions” krotterig” laat lyk. Dan die armoede…. Kampala self is skoon. Die Hilton Hotel wat nooit oopgemaak het vir gaste nie, troon soos ‘n diamant oor die ander geboue en naby die gholfbaan wat beeldskoon is. Die nuwe-ou hotel word blykbaar deur die staat gebruik. Die mense is vriendelik… Lees meer »

Renier

Dis Idi Amin se speelgrond. Manipulasie en intimidasie en volksmoord wen elke verkiesing.