Uitbreking van hepatitis in Brittanje ondersoek

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Mediclinic Suider-Afrika/Facebook)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sê hy hou ernstige gevalle van hepatitis by etlike kinders in Brittanje fyn dop. Die oorsaak van die uitbreking is nie bekend nie.

Die WGO sê Brittanje het aanvanklik tien ernstige gevalle van akute hepatitis op 5 April in Skotland aangemeld. Drie dae later is 74 gevalle in die land aangemeld. Minder as vyf gevalle in Ierland en drie in Spanje is ook aangemeld.

“Van dié gevalle was só ernstig dat pasiënte na spesialis-lewereenhede oorgeplaas moes word en ses kinders moes leweroorplantings kry. Geen sterftes is aangemeld nie, maar ons verwag meer gevalle in die komende dae,” het die WGO in ʼn verklaring gesê.

Die siekte het tot dusver meestal kinders jonger as tien aangetas en simptome sluit in diarree, vomering en maagpyn.

Die infeksies laat kenners kopkrap, aangesien die bekende hepatitis-virusse, van A tot E, nie by een van die kinders bespeur is nie en Britse gesondheidsowerhede ondersoek nou ʼn verband met infeksies en ander virusse of ander moontlike oorsake soos Covid-19 en omgewingsfaktore. “Nie een  van die kinders wat siek geword het, is vir Covid-19 ingeënt nie, so kenners het inenting as oorsaak uitgeskakel.”

Die Britse agentskap vir gesondheidsekerheid het ouers gemaan om goeie higiëne toe te pas en op die uitkyk te wees vir simptome van hepatitis by hul kinders. “Ouers wat bekommerd is oor hul kinders se gesondheid, moet ʼn dokter kontak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Robert ·

Vreemd. As dit ‘n virus is sal oorplantings nie help nie, die nuwe lewer sal ook aangeval word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.