Uiters waardevolle munt uit museum gesteel

Die munt weeg 100 kg (Foto: Marcel Mettelsiefen/dpa)

ʼn Reuse-gouemunt is Maandag in die vroeë oggendure uit die Bode Museum in Duitsland gesteel.

Die munt weeg 100 kg en het ʼn geskatte waarde van $750 000, maar indien die gewig in ag geneem word, kan dit omtrent $4,5 miljoen werd wees. Dit is 3 cm dik met ʼn deursnee van 53 cm. Die munt het aan die een kant twee esdoringblare op en ʼn afdruk van koningin Elizabeth II aan die ander kant. Dit is in die Guinness-rekordboek aangeteken weens die suiwerheid van die goud.

Die munt word sedert Desember 2010 in die Bode Museum in Berlyn uitgestal. Dit is in 2007 in Kanada gemunt en daar is slegs ʼn beperkte hoeveelheid gemaak.

Stefen Petersen, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die inbrekers het omtrent 03:30 deur ʼn venster geklim en ʼn uitstalkas gebreek waarin die groot munt bewaar is. Peterson wou nie bevestig of die polisie beeldmateriaal van die voorval het nie, maar het gesê die polisie vermoed daar was meer as een persoon betrokke. Die inbrekers het reeds met die munt gevlug voor die polisie op die toneel aangekom het.

ʼn Leer is naby die treinspoor in die omgewing gevind en speurders wat spesialiseer in kunsverwante misdade doen opvolgondersoeke.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ou Armvark ·

Wonder of die munt oppad is na Suid-Afrika? Niks kan my meer ontstel of skok in hierdie lewe nie. Stal ‘n renosterhoring of donkievel uit in die munt se plek en sien hoe gou verdwyn dit.

Johann ·

Wel gelukkig weet ek dis nie een van ons.plaaslike frustreerdes nie want hulle is bloot te besig om.plaaslik te vat wat hulle wil wanneer en hoe hulle wil van wie hulle wil. So…beslis te oorwerk om oor die grens te gaan inwin?

zahn ·

Jy sal baie verbaas wees, hulle toer die hele wêreld vol die heel jaar. Niks is onmoontlik nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.