Uitgestorwe vierbeen-slang werp nuwe lig

Foto: Dave Martill/Universiteit van Portsmouth

Foto: Dave Martill/Universiteit van Portsmouth

Die ontdekking van ‘n slangfossiel wat 110 miljoen jaar oud is in Brasilië werp nuwe lig op die verwantskap met akkedisse.

Nie net het die slangetjie vier bene gehad nie, maar elke been en arm het ledemate gehad wat gebruik kon word om mee te klou.

Fossiele van slange met twee agterpote is voorheen ontdek, maar dié is die oudste en eerste waar ’n slangfossiel met vier pote gevind is. Dit het die naam Tetrapodophis amplectus (klouende vierbeenslang) gekry.

Hedendaagse slange soos die boa, anakonda en die luislang is almal primitiewe slange en hul skelette het steeds die oorblyfsels van agterpote en ʼn bekkenbeen.

Die nuwe ontdekking is waardevol omdat wetenskaplikes nou kan bepaal dat die slang van grawende akkedisse afstam en nie van seelewende akkedisse nie.

Sci-News.com,  News.Sciencemag.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Charlotte ·

Moet asb nie hierdie snert glo nie! Ons Vader het ons en elke lewende ding geskape soos ons is. Evolusie is die grootste, mees effektiewe leuen wat die duiwel ons nog laat glo het. Gaan loer gerus by creationscience.org. vir interessante artikels en feite rakende fossiele en dies meer.

Jan ·

Wonderlik! God het vir die slang gesê (by implikasie) dat hy sy bene gaan verloor en op sy pens seil! En hier vind ons die bewyse dat die Bybel weereens korrek is! Wat ‘n WONDERLIKE BOEK is God se Woord nie!! Noem my maar ‘n Bybel fanatikus, maar hoe meer ek na die bewyse kyk, hoe vaster is my geloof in die Bybel as God se Woord!

Jan ·

Charlotte, ek glo ook nie in evolusie nie, dit bly maar net ‘n teorie (die evolusie TEORIE) wat tans eintlik net ‘n geloof is in iets wat niemand gesien het nie (big bang). Daar is geen bewyse dat die een soort ontwikkel of gevoleer het in ‘n ander soort nie. Verder is daar baie raaiskote, en onwetenskaplikheid aan verbonde, alles op ‘n TEORIE gebou! Daar is ook die bevraagtekening van die akkuraatheid van die koolstof toetse. Ek dink werklik mense kan hul insig verbreed deur na die webwerf te gaan kyk waarna jy verwys het.

Jan ·

Ekskuus, “gevoleer” moet eintlik lees; “ge-evoleer” :-)

SNEL ·

Snaaks dat as hulle sê; die wetenskaplikes “vermoed”, dan val daai vermoed weg en almal eet dit op vir soetkoek. Hulle krap n been uit die grond en dadelik is hy n paar miljoenjaar oud en almal glo dit. As wetenskaplikes predikante was, dan was almal al bekeer, want die wêreld hang aan hulle lippe. Om die Bybel te ken is goed, maar nog belangrike is om die Skrywer te ken, want dan weet jy in jou hart wat waar is en wat is leuens.

Herman Toerien ·

Dit is jammer dat nie almal die artikel van emeritus ds. Fanie Coetsee ekele jare gelede in die GKSA se Die Kerkblad kon lees nie. In kort handel dit oor God se twee openbaringswyses, naamlik die Skrif en die Skepping (natuur, wetenskap).
Juis om die tipe opmerkings te voorkom wat hierbo geplaas is, gebruik ek die woord “evolusie” nooit in hierdie tipe artikelsnie. Ook daarom het ek die teenswoordige bestaan van oorblyfsels van pote en bekkenbene by luislange en boas bygewerk.
Hier het die wetenskaplikes te make met ‘n volledige skelet. Foto’s daarvan kan wyd op die internet opgeslaan word.
Radio-aktiewe ouderdomsbepalings word nie gebruik vir die belang van ouderdom vir iets so oud soos hierdie nie (laas wat ek gesien het hoogstens vir sowat 50 000 jaar). Gewoonlik sal wetenskaplikes nie hul bevindings bekend maak voor die beplaade ouderdom deur ongeveer drie verskillende toetse bepaal is nie. Dis ‘n omvangryke veld op sy eie. Omdat hierdie voorbeeld jonger is as die jongste fase van kontinentale drywing sou ek meen dat paleomagnetisme een van die belangrikste metodes in hierdie geval wou wees.
Ek sal nie iets skryf wat uit pas is met die formele standpunte van die NH Kerk (my kerk), die GKSA en die NG Kerk nie.

willem ·

God het vir die slang gesê op jou pens sal jy seil en stof eet al die dae van jou lewe. God het ook oor die mens se sondige natuur besluit om die aarde te verwoes en alles van nuuts af te begin. Daarom het hy aan Noag die opdrag gegee om die ark te bou en al die rein en onrein diere saam met hom en sy familie in die ark te neem sodat die aarde van nuuts af gevul kon word met mense en diere en hy die vloed gestuur het om die aarde te reinig van ongeregtigheid.

Nico ·

Baie interessante artikel. Die mense is reg dat dit net teorië is. Maar genoeg opgrawings bewys dat daar diere geleef het, wat vandag nie meer leef nie. As die wetenskaplikes sê dat lig 300 000 km per sekonde beweeg, dan glo almal dit. Maar ons kan dit ook nie bewys nie. Maar as daar ooreenkomste tussen ‘n luislang se skelet en ‘n fossiel is, glo niemand dit nie. Die persone hierbo vergeet dat die Kerk ook vir Copernicus en Galileo uit die Kerk verban het, en vandag weet ons dat hulle reg was. As die slang uit ‘n akkedis geëvolueer het, gaan dit nie my geloof aan God verander nie.

Francois ·

Netso. Niemand van ons het al ‘n Isotopiese toets gedoen om te bepaal of lemoene werklik vitamien C bevat. Ons glo die wetenskaplikes. Wetenskaplikes gebruik hul Godgegewe vermoe om inligting te bekom en gebruik, wat tot voordeel van die mensdom gebruik word. Was dit nie vir wetenskaplikes nie, het ons almal nog in grotte gebly en akkedisse en boomwortels ge-eet. Die Bybel se skrywers het geskryf oor die inligting wat hulle op daardie tyd gehad het. Hulle het nie geweet dat die Chinese al 10 000 jaar voor Adam en Eva al met bote op die see gevaar het nie, daarom word daar nie daarna in die Bybel verwys nie.

Eliza-beth ·

Francois – PRESIES! Slegs priesters en ‘n paar ander skrifgeleerdes ens kon skryf so hulle het geskryf wat in en om hul wêreldjie bestaan. Nou raak almal op hol en dink sommer mens is van die bose besete as jy net durf logies dink!Die wetenskap is wonderlik en ek is mal oor hierdie tipe artikel. Mens het ‘n brein gekry en mens mens moet hom gebruik om aanmekaar nuwe dinge by te leer!Mense verstaan nie eers regtig wat die woord evolusie beteken nie – gaan kyk bv na die perd, dit was aanvanklik die groote van ‘n hond maar met evolusie het dit verander/verbeter om beter by ‘n veranderende wêreld te pas. Selfs die teel van dier eom hulle te verbeter en te verander en beter te laat “werk” deur die mens is maar ‘n ander tipe van evolusie al kan mens dit dalk nie so noem nie. Ai….

Shannon ·

Maroela wat is die logika hier ? Beteken die bestaan van hierdie geskiedkundige dieraas dat daar `n soort van evulisie aan die gang was ? Dat sommige akdisse stelselmatig in slange kon verander het ? of dat die Almagtige slange met voet gebou het ?
Hoe pas dit in by die Bybel ?

Eliza-beth ·

Ek wens mense wil tog net ophou om altyd die Skrif/evolusieleer by te bring in enigiets. Herman jy is so reg, NOEM net die woord evolusie en almal gooi skreeuend hul arms in die lug, so nou mag jy liefs nie op tone trap en daarna verwys nie. Persoonlik glo ek evolusie en die godsdiens KAN saam bestaan. God het die mens die brein en inteligensie gegee om dinge te ondersoek en deur middel van allerhande moderne tegnologie ouderdomme te bepaal. Mense glo dadelik die skrif dat Noag alle diere in so klein skippie geneem het – maak nie saak of dit nou eintlik onmoontlik klink as mens mooi dink nie, hulle glo dit. En ek sê nie dis verkeerd nie, alle feite is nie op skrif gestel destyds want slegs priesters ens kon skryf. Met die Christelike vervolging is meeste geskrifte verwoes, so wat later geskryf is deur mense wat KON skryf is slegs wat hulle kon onthou of wat hulle gehoor het van andere. En let wel ek “slam” nie die Bybel nie. Ek probeer net vir mense vra om logies te dink. Ek is verbaas dat sommiges nie steeds glo die aarde is plat of dat die mens ook nie regtig op die maan was ens ens. Dankie tog vir die wetenskap en al die interessante opgrawings en dinge wat plaasvind sodat ons kan leer uit wat reeds was/bestaan het! En nou-ja, nou wag ek weereens vir ‘n vloedgolf van oordeel, misverstand, aannames…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.