Uitspraak gelewer ná hy laggend nege moorde erken

Dylann Roof. Foto: AP Photo/Chuck Burton

Dylann Roof. Foto: AP Photo/Chuck Burton

Dylann Roof (22) is Donderdag deur ʼn jurie skuldig bevind aan die moord op nege mense by ’n kerk in Charleston in die Amerikaanse deelstaat Suid-Carolina.

Die jurie wat Roof aan 33 aanklagte, waaronder aanklagte van haatmisdade, skuldig bevind het sal volgende maand weer bymekaarkom om nog getuienis aan te hoor en te besluit of Roof die doodstraf opgelê gaan word.

Roof het emosieloos voor hom uitgestaar toe die uitspraak voorgelees is. Roof het aan FBI-beamptes gesê hy wou segregasie terugbring of dalk selfs ʼn rasse-oorlog begin met die moorde op 17 Junie 2015.

Roof het in sy bekentenis gesê hy het die moorde gepleeg nadat hy “swart op wit misdaad” op die internet nageslaan het.

Die kerk waar Roof nege mense doodgeskiet het. Foto: AP Photo/Stephen B. Morton

Die kerk waar Roof nege mense doodgeskiet het. Foto: AP Photo/Stephen B. Morton

Roof het Donderdag aan die regter gesê hy wil homself verteenwoordig tydens die strafproses. Daar is tydens die verhoor gehoor dat Roof 77 skote afgevuur het tydens die aanval op die kerk.

ʼn Video-opname van ʼn onderhoud wat FBI-agente met Roof gevoer het, is tydens die moordverhoor in die hof gespeel. In die video erken Roof laggend dat hy die moorde gepleeg het.

Beeldmateriaal van ʼn kringtelevisiekamera by die kerk het gewys Roof was sowat 45 minute lank op die perseel. Hy het aan die FBI-agente gesê hy het 15 minute lank in die kerk gesit om te besin of hy die moorde moet pleeg.

Die oorledenes is geïdentifiseer as past. Clementa Pinckney (41), Cynthia Hurd (54), Tywanza Sanders (26), ds. Sharonda Singleton (45), Myra Thompson (59), Ethel Lance (70), Susie Jackson (87), ds. Daniel Simmons sr. (74) en DePayne Doctor (49).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Varkie ·

Dat dit nog nie HIER gebeur het met alles wat elke dag in die wonderlike land gebeur nie is n wonderwerk.. ja ek weet van die boere maar ek bedoel die ander manier om

danie ·

Daar is in die laaste tyd baie kinders van wit mense wat vermoor word wat aan hierdie tipe rassistiese haataanvalle blootgestel word. Gelukkig konsentreer die media nie op hierdie aanvalle nie. Ons probeer ook ons kinders so veel as kan grootmaak onder die beginsel dat jy jou naaste moet liefhe soos jouself. Vir hoe lank sal ons as ouers nog ons kinders `n rat voor die oe kan draai en die werklikheid kan wegsteek.`n Groot gedeelte van swart mense gaan gebuk onder konstante aanhitsing tot geweld op blankes deur mense soos Julius Malema en ander bekende swart leiers. Dit is volgens my erge provokasie op wit mense en `n teelaarde vir opstand insluitend individuele optredes soos hierdie. Hierdie leiers gee nie `n kraai …. om vir rasse harmonie nie en moet verantwoordelikheid aanvaar vir die gevolge van hul haatdrahende toesprake.

Rlln ·

Varkie, dit het al in S.A. gebeur… die “st James Church” 25 Julie 1993 in Kenilworth. Gooogle dit.

LB S ·

Google eerder die Wit Wolf… hy het dieselfde soort wraak geneem as diè ou.

Richard ·

Shame, plaas laat weet hulle hom sy Justin Bieber haarstyl is al lankal uit die mode.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.