Uitvinder van die Heimlich-maneuver sterf

Dr. Henry Heimlich. Foto: AP Photo/Al Behrman, File

Dr. Henry Heimlich. Foto: AP Photo/Al Behrman, File

Dr. Henry Heimlich, wat die Heimlich-maneuver ontwikkel het, is Saterdag in die ouderdom van 96 oorlede.

Volgens Heimlich se seun, Phil, is sy pa in ʼn hospitaal in Cincinnati, in die Amerikaanse deelstaat Ohio, oorlede nadat hy vroeër die week ʼn hartaanval gehad het.

“My pa was ʼn fantastiese man wat baie lewens gered het. Hy sal nie net deur sy familie gemis word nie maar ook die wêreld.”

Die Heimlich-maneuver behels abdominale drukking om ʼn persoon, wat aan’t verstik is, te help om die diafragma op te lig en lug van die longe te dwing om enige voorwerp in die lugweg uit te forseer.

Heimlich het die tegniek in 1974 ontwikkel nadat hy gelees het hoe mense in restaurante verstik, en talle as gevolg daarvan sterf. “Die beste ding daarvan is dat dit enigiemand toelaat om ʼn lewe te red,” het hy gesê. Heimlich het vroeër vanjaar vir die eerste keer in sy lewe self dié tegniek gebruik om ʼn 87-jarige vrou se lewe te red.

Heimlich se vrou, Jane, is in November 2012 oorlede. Hy word oorleef deur sy twee seuns en twee dogters.

Sommige mense in die gesondheidsbedryf stem egter nie met Heimlich se siening saam wanneer en hoe die tegniek uitgevoer moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

bets van Aswegen ·

dit het my lewe gered toe ‘n groot stuk biefstuk in my keel vasgesteek het. Mens kan nie praat nie, en moet net kalm bly, en vir die persoon wys. Gelukkig was daar ‘n verpleegster wat die Heimlich manauver betyds kon toepas.

jr ·

Ek salueer jou dr. Heimlick. Jy het baie lewens gered. Rus in vrede. Bets wanneer jy alleen is en verstik val oor ‘n stoel of bank met jy maag. Dit sal jou verseker help. Hou aan terwyl jy nog kan asem haal tot die verstopping los kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.