Ultramarathon-sterftes: Beampte nou ook dood gevind

Argieffoto (Foto: birgl/Pixabay)

ʼn Senior beampte van die Chinese distrik wat ʼn noodlottige ultramarathon gehou het, is dood aangetref, het owerhede Vrydag gesê. Minstens 27 persone kan moontlik oor die voorval gestraf word.

Altesaam 21 atlete is in Mei dood tydens uiterste weersomstandighede by die ultramarathon in die noordwestelike Gansu-provinsie. Deelnemers het hoofsaaklik weens verkluiming omgekom toe ysreën, hael en sterk wind hulle getref het.

Ná die voorval was daar versoeke vir beter regulasie en vrae het ontstaan oor hoekom die organiseerders die weersomstandighede skynbaar geïgnoreer het.

Provinsiale owerhede het Vrydag tydens ʼn perskonferensie gesê die sekretaris van die Kommuniste Party in Jingtai-distrik is dood aangetref. Li Zuobi is dood ná hy uit die gebou geval waar hy gewoon het. Polisiebeamptes is Woensdag na die toneel ontbied en hulle vermoed nie vuilspel nie.

Minstens 27 persone, insluitend munisipale beamptes, kan strafregtelik of dissiplinêr vervolg word oor die ultramarathon.

Die voorval verlede maand het ook daartoe gelei dat verskeie kompetisies opgeskort word wat nie aan nasionale veiligheidstandaarde voldoen nie, insluitend geleenthede soos bergwedlope en ultrawedlope.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2
Nou pra' jý

Jy moet deel van Maroela-fontein wees om kommentaar te lewer.

of word deel

2 Kommentators

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Miskruier

Tipies, raak ontslae van dié wat nie inpas by ccp

Dirk Mostert

Aardverwarming se skuld.