Unieke SA inheemse kuns in Australië uitgestal

Een van die kwilts in die uitstalling Foto: www.ska.ac.za

Een van die kwilts in die uitstalling Foto: www.ska.ac.za

Unieke kwiltwerk gebaseer op die mitologie van die /Xam, die inheemse inwoners van die gebied waarop die SKA-projek in die Karoo opgerig is, is pas in Australië uitgestal.

Die geleentheid vir drie kunstenaars van die gemeenskapsentrum van Nieu-Bethesda, het opgeduik toe hulle saam met ‘n span van die SKA na ’n konferensie in Perth, Australië is. Hulle is die direkteur van die sentrum Jeni Couzyn, en die kunstenaars Sandra Sweers en Gerald Mei. Mei en Sweers se /Xam-voorouers het op die terrein van die SKA in Suid-Afrika gewoon.

Die kunswerke beeld allerlei tonele soos die son, maan en melkweg uit.

In Perth het hulle die geleentheid gehad om skouer te skuur met aborigenes wie se voorouers op die Australiese terrein van die SKA gewoon het. Ook van hul kunswerke is uitgestel.

Klik hier om die volledige mediaverklaring te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

In die kol Shannon. En met daardie stukkie polities korrekte spraak word witmense wat al 12 en meer generasies in die land woon gediskwalifiseer om ooit regtig “burgers” te wees. Hulle’s vir altyd “settlers”. Maar dit is ‘n wereldwye geknoei…

VerVanRyn ·

Hierdie kuns??? Dit lyk soos iets wat ‘n kind geverf het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.