Van Gogh-skildery tydens afsonderingsperiode gesteel

Deel van Vincent van Gogh se “De Lentetuin” (Afskrif uit kunsboek, Public Domain, Wikimedia Commons)

ʼn Skildery van Vincent van Gogh is uit ʼn museum in Nederland gesteel wat gesluit is as deel van die land se pogings om die koronavirus-pandemie te beheer.

“De Lentetuin”, wat die kunstenaar in 1884 geskilder het, is uit die museum gesteel, het polisiebeamptes en ʼn woordvoerder van die Singer Laren-museum Maandag bevestig.

ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê diewe het Maandagoggend omstreeks 03:15 by die museum buite Amsterdam ingebreek. Die inbraak het ʼn alarm laat afgaan, maar teen die tyd wat beamptes by die toneel opgedaag het, was die diewe reeds skoonveld.

Die Singer Laren-museum het die skildery by ʼn ander Nederlandse museum, die Groninger-museum, geleen. Die museums wou nie bekend maak hoeveel die skildery werd is nie.

“ʼn Wonderlike skildery deur ons beste kunstenaar is gesteel en uit ons gemeenskap verwyder,” het Jan Rudolph, direkteur van die Singer Laren-museum, tydens ʼn kort aanlyn perskonferensie gesê.

Die Groninger-museum het gesê dit is die enigste Van Gogh-werk wat hy in sy versameling gehad het. Andreas Bluem, hoof van die museum, het gesê hulle is “geskok oor die nuus”.

Deel van Vincent van Gogh se “De Lentetuin” (Afskrif uit kunsboek, Public Domain, Wikimedia Commons)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Dana

Skandelik. Die skildery moet mijoene werd wes.