Vas ná hy glo presidensiële hond wou ontvoer

Pres. Obama saam met een van die gesin se honde. Foto: Facebook

Pres. Obama saam met een van die gesin se honde. Foto: Facebook

Die Amerikaanse polisie het ʼn man in hegtenis geneem in verband met ʼn beweerde komplot om een van pres. Barack Obama se honde te ontvoer.

Die polisie het aan die BBC gesê Scott Stockert van Dakota het beplan om een van die honde, Bo of Sunny, te ontvoer. Daar is glo ook vuurwapens en ʼn kapmes in Stockert se voertuig gevind.

Stockert het glo tydens sy inhegtenisneming verskeie eienaardige eise gemaak, waaronder dat hy president wil word en die seun is van oudpres. John F Kennedy en Marilyn Monroe.

Die Obama-gesin het Bo in 2009 en Sunny in 2013 gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Hahaha hahaha… As ‘n man eerder die hond as die eienaar wil ontvoer moet jy weet… Ai, dit was nou die lekkerste wat ek tot dusver in hierdie splinternuwe jaar gelag het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.