‘Vax’ is Oxford se woord van die jaar

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die woord “vax” is gekies as die woord van die jaar deur leksikograwe by die Oxford English Dictionary (OED).

Die gebruik van woorde wat verwant is aan inentings, soos “double vaxxed”, “unvaxxed” en “anti-vaxxer”, het vanjaar weens Covid toegeneem.

Fiona McPherson, senior redigeerder by die OED, sê “vax” was ʼn voor die hand liggende keuse aangesien dit die “treffendste invloed” gehad het.

“Die woord dateer terug na die 1980’s, maar volgens ons korpus is dit selde gebruik tot hierdie jaar,” het McPherson gesê.

“In ag genome die woord se veelsydigheid wanneer dit kom by die vorming van ander woorde, soos ‘vaxxie’, ‘vax-a-thon’ en ‘vaxinista’, was dit duidelik dat die woord uitstaan.”

“Vax” en “vaxx” is albei aanvaarde spellings van die woord, maar die een met slegs een x word meer algemeen gebruik.

Die gebruik van die woord “pandemic” het ook vanjaar met 57 000% gestyg.

Oxford Languages en Collins het elkeen vanjaar sy eie woord gekies, en verlede jaar het Collins op “lockdown” besluit.

Oxford het egter besluit dit is ʼn uitsonderlike jaar met te veel mededingers en het sy toekenning uitgebrei om ʼn handvol nuwe sleutelwoorde in te sluit, waaronder “lockdown”, “bushfires” en “Covid-19”, asook “Black Lives Matter”, “WFH” [working from home], “keyworkers” en “furlough”.

Die woord “vax” is in 1799 vir die eerste keer in Engels opgeteken, terwyl sy afgeleide woorde “vaccinate” en “vaccination” albei eers in 1800 verskyn het.

Al hierdie woorde kom uiteindelik van die Latynse woord “vacca”, wat “koei” beteken. Volgens die OED is dit vanweë Edward Jenner, ʼn Engelse geneesheer en wetenskaplike, se pionierswerk in die laat 1790’s en vroeë 1800’s om koeipokke – ʼn ligte infeksie wat by koeie voorkom – aan te wend om die inenting teen pokke te ontwikkel.

Oxford Languages sê sy korpus, of taalbron, versamel nuusinhoud wat daagliks opdateer word en bevat meer as 14,5 miljard woorde vir leksikograwe om na te vors en te ontleed.

Die OED se definisie van die woord “vax” lyk só:

  • vax n. A vaccine or vaccination
  • vax v. Treat (someone) with a vaccine to produce immunity against a disease; vaccinate
  • vaxxie n. A photograph of oneself taking during or immediately before or after a vaccination, especially one against Covid-19, and typically shared on social media; a vaccination selfie
  • anti-vax adj. Opposed to vaccination
  • anti-vaxxer n. A person who is opposed to vaccination
  • double-vaxxed adj. Having received two doses of a vaccine.

Bron: BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

annie ·

Nee wat, ek kies eerder die nuwe ‘Meta’ hetsy Facebook wat in Hebreeus, ‘dood’ beteken hoewel die Grieke dit as synde die ‘toekoms’ vertaal… Een en dieselfde ding. Nie?

Jacobus ·

Moet net nie die woord in dieselfde sin as Jenner se werk gebruik nie.

Hennie ·

For vax sakes… Regtig? Hoe eensydig kan mens wees as ‘n sogenaamde intellektuele instelling? Septies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.