Veerbootramp: Duikers begin lyke verwyder

Foto: Suid-Koreaanse Kuswag

Foto: Suid-Koreaanse Kuswag

Duikers het Sondag 13 liggame uit die veerboot wat aan die kus van Jindo, Suid-Korea gesink het, verwyder.

Die veerboot, die Sewol, het Woensdag omgeslaan met 475 mense aan boord. Volgens die Suid-Koreaanse kuswag is drie liggame kort voor middernag uit die skip verwyder en ʼn verdere 10 liggame Sondagoggend. Dit is in die stadium nie duidelik of daar enige oorlewendes in die veerboot vasgekeer is nie.

Nagenoeg 500 duikers is by die soek- en reddingsoperasie betrokke. Dit word egter bemoeilik deur sterk seestrome en swak sig. Duikers kon eers Vrydag, 48uur na die ramp, daarin slaag om die binnekant van die veerboot te bereik. Die bevestigde dodetal staan op 46 met 256 mense wat steeds vermis word.

Van die 475 mense aan boord van die veerboot, was 352 leerders van Hoërskool Danwon. Die leerders was met ‘n uitstappie op die boot toe die ramp plaasgevind het.

Lees ook:
Veerbootramp: Kaptein, bemanning vas
Adjunkhoof pleeg selfmoord na veerbootramp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.