Veerbootramp: Kaptein, bemanning vas

seewolDie kaptein van die veerboot wat vroeër die week in Suid-Korea omgeslaan het, is in hegtenis geneem.

Die kaptein en twee bemanningslede is in hegtenis geneem op aanklag van nalatigheid en die vermoede dat hulle nie mense in nood bygestaan het nie. “Ek sê jammer vir die mense van Suid-Korea dat ek ʼn steuring veroorsaak het en ek buig my kop in verskoning aan die families van die slagoffers,” het kaptein Lee Joon-seok (68) gesê voor hy tronk toe gevat is.

Lee is erg gekritiseer vir sy besluit om 30 minute te wag voor hy beveel het dat die skip ontruim moet word. “Op die tydstip was die stroom baie sterk, die temperatuur van die oseaan was koud en ek het gedink dat indien die mense die veerboot verlaat sonder (behoorlike) oordeel, indien hulle nie reddingsbaadjies gedra het nie kon hulle wegdryf en in groter moeilikheid beland.”

Die dodetal het intussen tot 32 gestyg nadat drie liggame in troebel water naby die veerboot gevind is. Volgens die kuswag kon die duikers nog nie toegang tot die boot kry nie.

Van die 475 mense aan boord van die veerboot, was 352 leerders van Hoërskool Danwon. Die leerders was met ‘n uitstappie op die boot toe die ramp plaasgevind het. Die veerboot het Woensdag aan die Koreaanse suidkus omgeslaan. Meeste van die vermistes is moontlik in die veerboot vasgekeer.

Lees ook:
Adjunkhoof pleeg selfmoord na veerbootramp

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Moet sowaar `n verligting wees vir die Amerikaners, siende dat die aandag nou weggetrek word vanaf vlug MH370 wat deur hulle lugmag afgeskiet was in die Malaccas.
Nee ek grap net. Die vliegtuig het werklik vir 6 uur lank gevlieg sonder dat `n enkele waardin begin wonder het waarom die kajuit nie `n toilet breuk vat nie en sonder dat `n enkele passasier bemerk het dat die son aan die verkeerde kant op kom – want hulle was almal vas aan die slaap met liggies afgeskakel (my droom vlug). O ja, en geen radar van enige land het onraad bemerk nie. Selfs nie eers toe die kaptein nie op `n enkele radio roep reageer nie.

Nou kan mens net wonder of die eerste minster van Australië in is op die diel en of hy werklik naïf genoeg is om miljoene van die belasting betalers se dollars te mors met `n fiasko soektog in die diepste oseaan namens die Pentagon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.