Vegvlieënier na 3 dekades lewend gevind

Foto: Xinhua/Liang Xu (zyd)

ʼn Militêre vlieënier van die voormalige Sowjetunie wie se vliegtuig in 1987 in Afganistan afgeskiet is en wat sedertdien vermis was, is lewend gevind.

Kol.genl. Valery Vostrotin, hoof van ʼn Russiese veterane-organisasie, het gesê die vlieënier wil nou na Rusland terugkeer. “Dit is ʼn uitsonderlike geval,” het hy gesê. “Ons kort nou finansiële en administratiewe bystand asook die hulp van openbare organisasies en diplomatieke ingryping vir die vlieënier se terugkeer na sy tuisland.”

Die naam van die vlieënier is nie bekend gemaak nie. Volgens Vostrotin is die aangeleentheid reeds met verteenwoordigers van Afganistan bespreek. Altesaam 125 vegvliegtuie van die Russiese lugmag is tussen 1979 en 1989 in Afganistan afgeskiet.

“Dit is verbasend dat die vlieënier daarin kon slaag om aan die lewe te bly nadat die vliegtuig afgeskiet is, maar nog vreemder is die feit dat geen inligting oor hom oor die dekades heen aan die lig gekom het nie,” het Vyacheslav Kalinin, adjunkhoof van die organisasie Combat Brotherhood gesê.

Volgens Kalinin sal sy organisasie werk maak daarvan om die vlieënier te identifiseer en hom te help om na Rusland terug te keer.

Volgens inligting is die vlieënier vermoedelik tans in Pakistan. “Hy is seker nou omtrent 60 jaar oud. Daar was kampe vir Sowjet-oorlogsgevangenes in Pakistan, so ons vermoed dit is waarheen hy gestuur is,” het ʼn bron na aan die saak aan Sputnik gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Francois le Cochon ·

So le^ daar ook al vir jare ‘n duikboot in Simonstad wat se krag toerusting uitgebrand het. Daar is nie geld om die duikboot te herstel nie. Die duikboot se kombuis word nietemin nogsteeds gebruik om kos in te maak. (Moontlik loop daar ‘n krag “lead” vanaf ‘n lamppaal in die hawe, na die duikboot).

Afrikaanse Knaap ·

Dit is seker die ergte ding wat met ‘n man kan gebeur… Ek kla nie weer nie.

moeder ·

Toemaar my kind is in die Floot, hulle sit die geysers op die skepe af, dan moet die kinders in koue water stort…..in die winter …siek word op groot skaal. En dit is nie eers oorlog nie.

Linda ·

Ek wonder maar net hoekom word daar finansiële bystand benodig. Hierdie is ‘n inwoner van Rusland wat vir sy land geveg het (tuisland) hy wil graag terugkom -sekerlik is die finansiële bystand Rusland se VERANTWOORDELIKHEID! Vreemd?!

Gerhard ·

Mense dink teveel van Rusland, die plek val uitmekaar en mense leef in armoede. Verder bestee die regering teveel geld aan die weermag sodat hulle skurke soos Asad in beheer kan hou van Sirië.

sakasuni ·

Dit kon erger gewees het vir hom, hy kon terug gekeer het Suid Afrika toe!

Siener van Melbourne ·

Ten minste weet ons hy sou nie lewend teruggekeer het Noord Korea toe nie.

Blommie ·

30jaar en nie n woord van hom af, nie n brief nie n oproep niks, in 30jaar het jy nog nooooit daardie geleentheid gehad nie.
Nee hy het seker gesing HALULUJA en die SAMSALA gedoen,,,,, verlos van die vrou, lekker HOLIDAY JIPEEEEE!!!!!
Maar sal nogals graag wl weet, hoekom en waarom en wat oor die jare heen gebeur het.

Jammer ·

Hoop hy kry kans om boek te skryf.
Hoe is dit dan dat veterane gladnie regte meer het, wêreldwyd, ? Geen keuse, jou volk en vaderland, alles opgeoffer sonder keuse,
diesulkes voor 1994 in RSA behoort as dié
Angola oorlog veterane genoem of geklas te word,
want nou word diesulkes uitgereken by huidige
stelsel.

Kosie Kramer ·

Dit maak mens naar om te sien hoe MK veterane met `n goosestep wat seker by Hitler geleer is, kamoefleerdrag wat vir die Amesone ontwerp is, met medaljes en pensioene rondmarsjeer, terwyl baie dienspligtes soos ek nie `n enkele medalje ontvang het vir ons diens nie. Ek het diens gedoen onder PW Botha, FW de Klerk en Mandela, maar het nie eens `n kampanjemedalje gekry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.