Veilig tuis: 10 jaar ná tsunami

Die tsunami in 2004 Foto: Wikimedia Commons

Die tsunami in 2004 Foto: Wikimedia Commons

ʼn Meisie van Indonesië wat in 2004 deur ʼn tsunami meegesleur is, is 10 jaar later met haar gesin herenig.

“God het vir ons ʼn wonderwerk gegee,” het Jamaliah Raudhatul, Jannah se ma, Donderdag gesê. Die familie het geglo Jannah is dood. Sy was maar vier jaar oud toe sy tydens die tsunami verdwyn het. Sy en haar sewejarige boetie is op 26 Desember 2004 meegesleur toe groot golwe hul huis in Aceh getref het.

Jamaliah (42) en haar man het die tsunami oorleef en lankal moed opgegee om ooit hul kinders weer lewend te sien. Tienduisende mense het omgekom nadat ʼn aardbewing die tsunami veroorsaak het.

Jamaliah se boetie het egter in Junie ʼn meisie in ʼn dorpie opgemerk wat net soos Jannah lyk. Sy het van die skool af huis toe gestap. Hy het begin navraag doen en uitgevind die meisie is een van die slagoffers wat deur die tsunami meegesleur is en op een van die verafgeleë eilande, suidwes van Aceh, beland het. ʼn Visserman het haar gered en haar vir sy ma gegee wat in Aceh bly.

Jamaliah en haar man het die meisie, wat nou 14 jaar oud is, gaan besoek en bevestig dit is waarlik hul dogter.

“Ek en my man is baie gelukkig,” het Jamaliah aan AFP gesê. “Ek is so dankbaar dat God ons met ons kind herenig het.”

Die ouer vrou wat Jannah grootgemaak het, het haar Wenni genoem. Jannah het Woensdag saam met haar ouers teruggekeer na haar ouerhuis.

Die boetie wat saam met haar meegesleur is, Arif Pratama Rangkuti, het glo ook die tsunami oorleef, maar hy word vermis.

Meer as 170 000 mense is in Aceh oorlede en tien duisende in ander lande in die Indiese Oseaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.