Venesië skei dalk af van Italië

VenesiëDie inwoners van Venesië en omringende streke, bekend as Veneto, stem van die afgelope Sondag af tot Vrydag in ‘n referendum oor afskeiding van Italië.

Venesië was sowat ‘n duisend jaar lank ‘n onafhanklike land voor dit by Italië ingelyf is. Die voorstanders van onafhanklikheid droom van die herstel van La Serenissima – die mooiste republiek van Venesië.

Die voorstanders van onafhanklikheid meen dat die Italiaanse regering die industriële welvaart wat die streek genereer, deur wanaanwendig uitmors.

Die pro-afskeidingsgroep wys daarop dat peilings toon sowat 65% van die inwoners wil graag onafhanklikheid hê.

Indien die uitslag van die referendum ʼn meerderheid “ja”-stemme is, is wil dié groep ook nie vir Italië se reaksie wag nie, maar voortgaan met voorbereidings vir onafhanklikheid. Akademici werk reeds aan ‘n onafhanklikheidsverklaring.

Bronne: National Post, RT News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.