Venesië stem oorweldigend vir onafhanklikheid van Italië

Venesië

Venesië

In ‘n referendum wat as nie-amptelik beskryf word, het 89% van die kiesers van Venesië en omgewing gestem dat die eertydse “die pragtigste Republiek van Venesië” onafhanklikheid moet verkry.

Die uitslae van die weeklange referendum is pas bekend gemaak. Peilings vooraf het getoon dat die ja-stemmers sowat 65% van die stemme gaan kry.

Die hele oefening mag egter van akademiese waarde wees. Ingevolge die Italiaanse grondwet is dit van “nul en gener waarde” aldus ‘n grondwetkenner.

Skotland gaan oor ses maande stembus toe in ‘n referendum oor onafhanklikheid van Groot Brittanje, terwyl die Kataloniërs in November ‘n ongemagtigde referendum hou oor die moontlikheid om van Spanje af te skei.

‘n Volledige artikel oor die geskiedenis van Venesië en sy onafhanklikheid kan hier gelees word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.