Venus vanjaar baie helder

Foto: Wikipedia

Foto: Wikipedia

Venus gaan in die eerste helfte van die jaar besonder helder sigbaar wees.

Dit sal Venus se helderste vertoning sedert 2007 wees, en sal eers weer in 2023 herhaal word. Dit hou verband daarmee dat Venus in ’n byna volmaakte sirkel in ’n binnebaan van dié van die aarde om die son wentel.

Namate die eerste semester vorder, sal Venus al hoër uit die son se gloed aan die westekant beweeg, tot dit in April en Mei eers besonder laat die nag sal ondergaan. In sommige stede sal Venus volgens hul tydsones eers na middernag ondergaan, wat volgens ou sterrekunde-handboeke onmoontlik sou wees.

Op 10 Julie sal Venus op sy helderste wees. Deur ’n klein teleskoop sal Venus se fases ook te sien wees. Venus sal teen vroeg Junie deur die teleskoop soos ‘n “half maan” vertoon.

Lees gerus meer op Space.com hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henkst ·

Die planeet Venus is vernoem na die Romeinse godin van skoonheid, liefde en seks.
In die Romaans sprekende lande is Vrydag se naam gebaseer op Dies Veneris, ‘Dag van Venus’. Vergelyk: Frans Vendredi, Spaans Viernes, Romeens Vineri en Italiaans Venerdi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.