Vera Lynn stel op 100 nuwe album vry

Vera Lynn (Foto: BBC)

Vera Lynn (Foto: BBC)

Die befaamde Britse sangeres Vera Lynn, wat bekendheid verwerf het tydens die Tweede Wêreldoorlog, gaan geskiedenis maak wanneer sy op 100-jarige ouderdom haar jongste album vrystel.

Dié album, getiteld Vera Lynn 100, gaan nuwe weergawes van Lynn se bekende liedjies soos “The White cliffs of dover” en “Auf Wiederseh’n Sweetheart” bevat.

“Ek voel baie geëerd dat mense steeds liedjies van soveel jare gelede geniet en daarmee saam die emosies van daardie tyd ook ervaar,” het sy in ʼn verklaring gesê.

Die sangeres sê die afwerking van haar ou liedjies is roerend en dat sy hoop aanhangers sal ook daarvan hou.

Lynn is die eerste Britse sangeres wat boaan Amerikaanse treffersparades gepryk het. Sy is ook die oudste kunstenaar van alle tye wat op die UK Top 20 verskyn het op die ouderdom van 97.

Dink sy dié album sal al haar vorige rekords verbeter? “Ek twyfel daaroor. Die musiek mag dalk baie mak klink vir vandag se jongmense, maar in ons tyd het dit baie betekenis gehad.”

Vera Lynn 100 gaan op 17 Maart, drie dae voor haar verjaardag, vrygestel word.

Bron: Daily Maverick

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

A ·

Sjoe, dit wil gedoen word. Ek is nogal nuuskierig om te hoor hoe dit klink!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het al Vera Lynn se eertydse “grammafoonplate” en later CD’s en alhoewel ek dit nie dag en nag speel nie bly dit telkens ‘n treffer waarvan selfs die jong mense hou as dit nie permanent vir hul opgedis word nie. Volgens my kennis was daar ook nooit onvlyende “stories” oor haar lewe nie. ‘n Ware Engelse “Dame” en ook ‘n Afrikaanse dame.

MusiekLiefhebber ·

Wonderlike nuus! Welgedaan! Bid haar alle sukses ook daarmee toe.

Arthur Christy ·

What a wonderful feat May the Good Lord Bless and Keep You.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.