Veranderinge bring groter beheer vir jou Facebook-blad

Argieffoto (Foto: Simon, Pixabay)

Facebook het Woensdag gesê hy gaan sy gebruikerbladsye opknap sodat gebruikers meer beheer kan hê oor dit wat hulle op dié sosiale netwerk sien. Die netwerk gaan dus minder steun op algoritmes.

Hierdie verandering beteken gebruikers sal beheer kan uitoefen en kan besluit wat prioriteit moet geniet op die nuusstroom (die “news feed” of tuisblad wat gebruikers sien wanneer hulle by Facebook aanmeld).

Gebruikers sal dus ook meer plasings van vriende en kontakte kan sien en beteken dat jy die Facebook-algoritme heeltemal kan afskakel. Jy sal ook kan kies om plasings in chronologiese volgorde te sien indien jy dit verkies.

Dit volg ná Facebook gekap word oor sy rol om moontlik skadelike inhoud en vals inligting te versprei. Die skuif beteken gebruikers sal kan kies of hulle die nuusstroom volgens Facebook se algoritme wil sien en of hulle eerder kies om inhoud chronologies te sien met die jongste plasings bo-aan.

“Die doel van die nuusstroom is om jou te verbind met dit wat vir jou die belangrikste is: die mense in jou lewe, interessante inhoud en die wêreld om jou,” het Facebook in ʼn blog-plasing gesê.

Ander veranderinge wat beplan word sal gebruikers meer beheer gee oor wie op ʼn spesifieke openbare plasing kan kommentaar lewer en ʼn uitbreiding van Facebook se “Hoekom sien ek dié?”-opsie om die algoritme beter te kan verstaan.

Nick Clegg, adjunkpresident van Facebook, het in ʼn afsonderlike plasing die maatskappy se gebruik van algoritmes verdedig. Die maatskappy word daarvan beskuldig dat sy algoritmes polariserend is en ondeursigtig is.

Clegg het egter gesê die algoritmes word deur die gebruiker gevorm. “Die verpersoonlikte ‘wêreld’ van jou nuusstroom word hoofsaaklik bepaal deur jou keuses en optrede,” het hy geskryf. “Dit is die wonder van sosiale media: die ding wat dit verskillend maak van ouer media-formate. Daar is nie ʼn redakteur wat besluit wat die voorbladnuus moet wees wat miljoene op Facebook lees nie. Daar is eerder miljarde voorblaaie, elkeen verpersoonlik volgens ons eie individuele smake en voorkeure.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pietertjie ·

Dis hoekom ek ver weg bly van “sosiale media” platforms: die massas word aan hulle neuse rondgelei deur algoritmes waar gewildheid bepaal word deur die aantal like-buttons. Breinspoeling op ‘n ongekende skaal!

Fedup ·

Oh please.
fb is only doing this to make sure you comply with “suggestions “.
Since they started with “algorithms”, important and well informed posts from 75000 people’s accounts went missing in one day.
Only my opinion, fb is becoming a very dangerous and untrustworthy platform since all these policy changes.

Robert ·

Duh… dit was so in die begin maar toe raak hulle mos beterwetend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.