Verbasing toe passasiers hoor wie is aan die stuur

Koning Willem-Alexander (regs) van Nederland vlieg af en toe KLM-vliegtuie, sonder dat passasiers daarvan weet. Foto: Twitter

Opwinding, maar ook ʼn mate van senuagtigheid het die afgelope week op ʼn KLM-vlug na Istanbul geheers toe die passasiers besef dis geen gewone vlieënier wat so bedrewe in Amsterdam opgestyg het nie.

Minstens een, die Duitse aktrise Wilma Elles, wat bekend is om haar rolle in Turkse TV-sepies, was mateloos beïndruk. “ʼn Koning het my Istanbul toe gebring,” het sy agterna gesê.

Die koning waarna sy verwys, is die 51-jarige Nederlandse monarg, Willem-Alexander, wat medevlieënier van die kommersiële vlug na die Atatürk-lughawe was.

Willem-Alexander, wat vlieg as ʼn stokperdjie, was agter die stuur van die Boeing 737-700 met 131 mense aan boord.

Net die bemanning is vooraf ingelig van hul koninklike medevlieënier, maar ʼn paar oplettende passasiers het die koning wel herken.

Ek was eers nogal besorg omdat ek weet hy vlieg net deeltyds.

Can Ünsalan was een van hulle. “Dis nie aldag dat ʼn koning jou vliegtuig vlieg nie,” het hy gesê. “Dis sal ʼn onvergeetlike herinnering vir my wees.”

Hy het gesê hy weet uit mediaberigte dat die koning af en toe vlieg, maar het nooit kon dink hy sou een van sy passasiers wees nie. “Ek was eers ʼn bietjie besorg omdat ek weet hy vlieg net deeltyds. Maar ons het goed opgestyg en geland.”

Ünsalan sê hy het ná die vlug ʼn brief aan die Nederlandse koning geskryf en hom bedank en gevra vir ʼn foto van hulle twee. “Ek het dit aan sy lyfwag gegee. Hy het laat weet hy wil nie ʼn foto laat neem nie omdat hy op ʼn vliegtuig graag as ʼn vlieënier bekend wil wees en nie as ʼn koning nie.”

Nadat hulle aan die einde van die byna drie uur lange vlug vertel is wie die vlieënier was, was sommige passasiers verbaas, maar talle het gesê dis ʼn eer dat ʼn koninklike hulle veilig in Istanbul gekry het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

marco polo ·

Kan ons nie n paar van.ons konings ook agter n vliegtuig se stuur kry nie? SAA is ideaal daarvoor.

Skroef ·

Vir die besondere vlugte moer saa hulle passasiers versigtig uit anc en eff geledere soek.

JoeV ·

Dit klink na ‘n plan… oor die see iewers sal beter wees.

Elsa ·

Nou toe nou. Wys jou met goeie opleiding, kan Koning ook vlieg….

Paul ·

En Zuma, waarheen sal hy vlieg? O’ja maar hy is nie ‘n koning nie.

Nelia van Zyl ·

Wonderlik om van sulke beskeie mense te hoor in hierdie oppervlakkige, eie-ek wêreld!

dries ·

Ek sal maar vooraf vra dat ek gewaarsku word van ons konings- vlieeniers. Nelia, ek neem aan jy het nie n probleem daarmee nie.

Gysbert ·

Daar is ‘n verskil tussen ‘n koning en ‘n stamhoof. Suid-Afrika het geen konings nie. Maar dit daar gelaat….

Veels geluk aan die Nederlandse koning. Darem een koning wat iets nuttigs doen, en nie net linte knip en kranse lê nie.

Cherokee ·

Gys, jou eerste paragraaf veràl, verdien ‘n ‘like it’.

Vannessa ·

Dit sou nog beter gewees het as hy sy vaardighede gebruik om die Turke permanent uit die Laaglande te deporteer met die vlugte

Vannessa ·

Dit sou nog meer indrukwekkend gewees het as dit maar n deportasie vlug was wat die Turke weggeneem het uit Laaglande …

Hendrik van George ·

Deeltyde vlieëniers is net so gevaarlik as deeltyds brein spesialiste en hart chirurg…. sê maar net.

Cherokee ·

Die onophoudelike “sê maar net” sê maar net genoeg van jou kommentaar.

Willem Grobler ·

Hendrik van George. Is dit een of ander adellike titel? En is jy altyd so ‘n suurpruim?

Cherokee ·

En een dag later Hendrik, herhaal ek my kommentaar. Jou ‘Sê dit maar net’ rympie vertel van jou gebrek aan eie gedagtes.

Ben ·

Hy is die koning van Nederland en n bedrewe vlieenier en hy moet soos alle ander vlieeniers sy ure maak om sy brevet of vlieglisensie te behou. Baie trots op my koning.

lolla ·

julle kan trots wees met rede… ek dink julle koninklikes is beter kwaliteit as baie ander….

David ·

Mens vlieg nie ‘n passasiers-vliegtuig as jy nie die opleiding het nie, veral nie oor Europa nie. Vlieëniers spandeer baie ure in simulators en word geleer hoe om alle noodsituasies te hanteer. As jy faal, vlieg jy nie ‘n passasiers-vliegtuig nie.

Hy kan maar enige tyd my vlieënier wees.

Skroef ·

Vir die besondere vlugte moer saa hulle passasiers versigtig uit anc en eff geledere soek.

sus ·

Wat ‘n voorreg om rondgevlieg te word deur ‘n koninklike! Sal enige tyd op daai vlug klim en saamvlieg!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.