Verbod op olifantjag in Botswana opgehef

Argieffoto

Botswana, die land wat die wêreld se grootste olifantbevolking huisves, het Woensdag die verbod op die jag van olifante opgehef.

Dié besluit is geneem nadat die verbod gelei het tot groeiende konflik tussen mense en diere, asook ʼn negatiewe impak op die lewensbestaan van boere wie se gewasse en vee onder die onbeheerde getal olifante deurloop.

Volgens die regering is daar voorvalle waar olifante nie net landerye verwoes nie, maar ook inwoners doodmaak en ekostelsels verwoes deur bome af te breek.

Die land se departement van omgewingsake het gesê die besluit om die verbod op te hef is geneem ná uitgebreide gesprekke met alle belanghebbendes. Die besluit kom ʼn jaar nadat die regering ʼn komitee op die been gebring het om olifantjag in die Afrika-land te hersien.

Die regering het gesê die “herinstelling van jagte sal op ʼn ordelike en etiese manier gedoen word” in ooreenstemming met die wet en toepaslike regulasies.

Bewaringsaktiviste sê daar is tans sowat 130 000 olifante in Botswana, maar die regering sê die bevolking het byna verdriedubbel sedert 1991 tot meer as 160 000 olifante. Hoewel die jag van olifante nie betekenisvol daartoe sal bydra om die getal olifante te verminder nie, sal inkomste wat deur hierdie jagte ingevorder word tot voordeel wees van die gemeenskappe in die gebiede waar die diere woon.

ʼn Gemiddelde olifantjag in buurlande waar dit wettig is, kos sowat $45 000.

Die verbod op olifantjag is in 2014 deur voormalige pres. Ian Khama ingestel. Kritici, insluitend Khama, sê nou die besluit om die verbod op te hef is geneem om stemme vir die verkiesing in Oktober te werf en kan skadelik vir die land se toerisme wees.

Die Botswana Wildprodusentevereniging, wat wildboere wat met wild teel vir vleis en jagdoeleindes verteenwoordig, het die besluit verwelkom. “Bewaring van ons spesies is noodsaaklik, maar gemeenskappe se regte en lewensbestaan is net so belangrik,” het Debbie Peak, die woordvoerder, gesê.

Natuurbewaarders hou egter vol Botswana is een van die laaste plekke in Afrika waar olifante veilig kan voortbestaan en meen pres. Mokgweetsi Masisi se motiewe vir opheffing van die verbod is polities. Steun vir sy Botswana Demokratiese Party, wat al sedert 1966 aan bewind is, het in 2014 ʼn rekordlaagte van 46% steun bereik.

Die besluit om die verbod op olifantjag te lig sal deur inwoners in plattelandse gemeenskappe, wat sukkel om olifante uit hul gewasse te hou, verwelkom word en dit kan Masisi se gewildheid ʼn hupstoot gee in aanloop tot die verkiesing later vanjaar.

Die meeste van Botswana se olifante bly in die noordooste van die land, ʼn gebied wat bestaan uit savanna en vleilande. Die olifante beweeg gereeld oor die grens na Zambië, Zimbabwe en Namibië waar daar ook groot olifantbevolkings is. Na raming is daar sowat 415 000 olifante in Afrika oor, aangesien die bevolking deur die jare uitgedun is deur onwettige stropery vir ivoor.

Barnaby Phillips, direkteur van kommunikasie vir die Elephant Protection Initiative, het erken Botswana sit in ʼn moeilike posisie om sy groot olifantbevolking te bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

net op papier ·

Met of sonder verbod, word hulle in elkgeval gejag. Maar nou sal dit ‘n openlike wreedheid afgee. Dit is baie ontstellend.

Robert ·

Lees weer die artikel: jag sal op “etiese en ordelike” manier gedoen word. Onthou in Botswana kan jy gehang word.

Koos ·

FEIT:
Bewaring van die grond, planteryk en diereryk kan ALLEENLIK sinvol en suksesvol gedoen word deur die beginsel van VOLHOUBARE BENUTTING wetenskaplik toe te pas. PUNT.

Ndovu ·

“Etiese & ordelike manier” is n relatiewe begrip….

Dit kom maar net basies daarop neer…
Olifante mag nou geskiet word sonder vervolging

Gustav ·

En ook n groot siestog aan al die nie-boere wat vermoor word.

Helena. ·

Baie hartseer..maar as dit op etiese manier gedoen word is dit seker maar reg. Hulle kan baie skade veroorsaak en ook gevaarlik wees teenoor mense. Dit bly maar n seer saak.

toy ·

Ek is nou so omgekrap!!! Kan van die olifante nie verplaas/gehuisves word na ander streke nie.

TN ·

Daar is hopeloos te veel olifante in Botswana ; die goed verwoes alles en indien hulle getalle nie beheer word nie sal daar geen kos vir hulle oorbly nie . Hulle en ander wild sal uitvrek van honger . Die keuse is is eintlik baie maklik __ beheer die olifantgetalle of verloor baie meer as NET die olifante .
Skiet hele troppe uit in gebiede waar dit die grootste probleem is ; verkoop die vleis en verwerk die wat nie vars benut kan word nie en gebruik die inkomstes wat so verkry is om gemeenskappe te vergoed waar die olifante die meeste skade aangerig het .
Gaan dan een stappie verder en jaag alle ” groenes ” weg uit Botswana . Bewaring kan NET lewensvatbaar volhou word indien dit selfvoorsienend is . Moenie toelaat dat die ” libtards ” nog “n stuk van Afrika verwoes met hulle ” korrektheid ” nie !

marous ·

Baie teer punt hierdie . Olifante het herargie en gesins verbande wat mense nie begryp . Hele trop moet geskuif word , en dit is onmoontlik .

Patriot ·

Soos Robert gese het… in Botswana kan jy gehang word. Dit sal jagtogte wees, nie poaching en lewendig opgekap word soos hier en in Zimbabwe

Boerin ·

Hartseer…en so wis hulle die gene poel uit..maar daar is niks wat ons kan doen nie! Dis waar olifante is soos mense, n trop is n hegte familie…moet seker dankbaar wees dat dit eties gedoen sal word!

Henk ·

Sal interessant wees om te weet hoeveel Olifante het beserings wat opgedoen is weens ontstoke bestaansboerdery se pogings om hulle landerye en huise te beskerm. ‘n Verbod op jag het gemaak dat hulle geen, maar geen voordeel uit die hoë olifant bevolking trek nie. Nou het die olifante weer waarde. Die locals kry direk finansiële en vleis voordeel uit die wettige en etiese jag van die diere. Terloops niemand dink aan die 20 tot 100km stukke Eko sisteem wat basies verwoes is langs die Chobe rivier, vir kilometers, weens te veel olifante nie…dit mag dalk 20+ jaar vat om te herstel en sal in ‘n woestyn verander as daar droogte is. Het iemand al ‘n studie gedoen om te kyk hoe ander wild se getalle afgeneem het weens habitat vernietiging weens olifante? Bewaar EN bestuur dit!!

PJC ·

Wat mense nie besef nie is dat as die olifante se getalle nie beheer word nie sal hulle sowel as die plaaslike bevolking mettertyd van honger omkom. Die Botswana regering kan broodnodige valuta verdien met trofeejag en die vleis aan die plaaslike bevolking beskikbaar stel want in Afrika is daar altyd honger mense. Dit sal ook beter vir die olifante wees as hul getalle op ń meer volhoubare vlak gehou word. Mense wat dit nie kan insien nie is oningelig of doodeenvoudig net hardkoppig soos ons mos weet die groenes is.

Elsie ·

These poor animals.. Oh Lord.
We drive them out if their habitat. Give them less and less space… And now kill them… Please place them somewhere else.
Its like we swimming in the sea… Attack by a shark, now we blame the share.. But he did not attack you on land.. Must he now start living on the beach? Please save these animals.

TN ·

Die diere is te veel agv bewaring en nie omdat hulle habitat deur die mense oorgeneem is nie . Leer iets vd natuur voordat jy oningeligte stellings maak . Daar is nie genoeg natuurlike onderdrukking nie ___ die natuur sal die balans deur hongersnood herstel indien dieens nie ingryp nie ; maak jou keuse !

aj ·

Ek gaan nie in Botswana vakansie hou as daar duisende (deur jag) getraumatiseerde olifante rondloop nie.

Olifante is slim en hulle sal wraak neem op mense! (toeriste).

Realis ·

Ag baie dankie, glo nie iemand gaan jou mis daar nie. Daar sal nie meer as 400 n jaar ( druppel in die emmer….) eties gejag word nie…….nie “duisende” soos wat jy beweer nie!

Anoniem ·

As jy diere doodmaak kan jy mense ook doodmaak….en dis waar ons nou staan met ons werk as “custodian” oor alles….die AARDE het onberekenbare skade opgedoen agv die MENS….geen ander lewende wese/dier het dit veroorsaak of vermag nie…

Oop oge ·

Lees gerus Genesis 9 : 1- 7 en vra die Here om jou deur Sy Gees te lei en nie deur jou emosies nie….

Diefie ·

Grondeis. Wie kan die olifante kwalik neem, hulle neem net die grond terug, wat gevat is van hulle.

Chris Ws ·

Dis ‘n wyse besluit deur die Botswana regering.Ek het al in die Kruger Wildtuin gesien hoe groot gebiede absoluut verwoes is deur olifante.So ver as die oog kan sien is dit net gebreekte bome.So ja olifant getalle sal moet beheer word vir HULLE en ander wild se voort bestaan.Die Kruger bestuur het dit al lankal besef.

Hansie ·

Soos daar tereg opgemerk word is oorbevolking n groot probleem, en die karkasse langs die paaie vertel hul eie storie. Wat my egter bekommer is dat daar vroeer melding gemaak was dat Amerika en China voor in die ry gestaan het vir die karkasse, so dan wonder mens hoeveel gaan terug na die inwoners wat al die jare probleme en skade gehad het?

Gerhard Bezuidenhout ·

Alhoewel dit n hartseer saak is het die owerhede van Botswana nie veel van n ander keuse asom uitdunning te laat plaasvinnd nie. Wanneer mens persoonlik gesien het hoedat die oilifante die bome en plante veral in die Chobe gebied verwoes sal hulle tot ander insigte kom.

MW ·

Wil ek ook weet Toy? Ordelik & eties spel nie juis moraliteit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.