Verdagte glo dood gevind ná moord op vrou

Lindie Prinsloo (Foto: Facebook)

Die man wat deur die Namibiese polisie gesoek is in verband met die moord op Lindie Prinsloo (39) is volgens mediaberigte dood gevind.

Informanté berig die 29-jarige Ivan Pitt se liggaam is Maandag gevind waar dit aan dakbalke gehang het in die motorhuis van die huis in Swakopmund waar Prinsloo vermoor is. Volgens die nuusinstansie het ʼn eiendomsagent van Swakopmund bevestig dat sy na die huis gegaan het om administratiewe werk af te handel en daar op Pitt se liggaam afgekom het.

Republikein berig hoofinspekteur Kauna Shikwambi van die Namibiese polisie het bevestig dat Pitt dood is. Volgens dié koerant is Pitt se liggaam in die motorhuis aangetref deur Adam Labuschagne, ʼn vriend van Prinsloo.

Maroela Media kon nie onmiddellik vir Shikwambi of die ondersoekbeampte in die saak telefonies bereik vir kommentaar nie.

Ivan Pitt. Foto: Facebook

Prinsloo se liggaam is Vrydag omstreeks 16:00 in ʼn plas bloed in haar huis in Vineta in Swakopmund gevind. Haar keel is afgesny. Volgens berigte het Prinsloo en Pitt saam in die huis gewoon. Pitt het egter ná die moord op die vlug geslaan en was sedertdien soek.

Daar word vermoed dat hy Saterdag na die huis teruggekeer het waar hy vermoedelik sy eie lewe geneem het.

Prinsloo se sesjarige dogter, Amelie, was na bewering tuis toe haar ma vermoor is.

Prinsloo was in Outjo in die laerskool en het matriek aan die Hoër Meisieskool Paarl in die Wes-Kaap behaal. Sy was ʼn grafiese ontwerper en skilder. Sy was ook die stigter van die Have-a-Heart-projek wat behoeftige troeteldiereienaars in Namibië gehelp het om hul troeteldiere te laat steriliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

skollie ·

Nou hoe het die Polisie die perseel deursoek na die moord. Het hulle nie eers die moeite gedoen om oral te kyk nie. Swak werk van hulle.

Santelle ·

Hy het die volgende dag terug gekeer en homself opgehang. Namibië se polisie is tops.

Elvira ·

Hyt belastingbetalers baie geld gespaar. Surprise toe jy daar anderkant opdaag ne !!!!!!!

Mariaan ·

Die tekens was daar…uit op borg…die storie onstel my…hoekom eers betrokke raak by so tipe! Nou is n mooi vrou dood…en n dogtertjie sonder n mamma…bly weg van misdadigers…hulle verander nie

Anjo ·

Dis wat ek ook die hele tyd gedink het . Die rooiligte was alreeds daar en ook die medewete van vriende van familie. Hulle kon ook n plan gemaak het om haar te beskerm.

Arno ·

Nou is ek nie eers verbaas nie…..meng jou met die semels en die varke vreet jou op.

Arno ·

Jammer meisie maar meng jou met die semels en die varke vreet jou op.

lolla ·

sjoe wat wat n wrede manier om te sterf…maar soos gewoonlik dink ek nie sy het die ware persoon gesien toe sy met hom betrokke geraak het nie….klink of ander hom beter geken het… ek hoop die kind kry berading…

Fanie ·

Jy kan nie ‘n woord glo wat Informanté skryf nie. Lindie se vriend Adam het op albei lyke afgekom.

Anjo ·

@ Hannes. Dis nie haar skuld nie. Hyt misbruik gemaak van n goeie mens wat selfs bereid was om hom n tweede kans te gee vir sy uit op borg tog nadat hy alreeds in die tronk was omdat hy haar aangerand het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.