Verdagte vas ná ‘haatmisdaad’ by VSA-kerk

Dylann Roof in ʼn foto op Facebook. Hy het ʼn baadjie aan met vlae van apartheid-era Suid-Afrika en die voormalige Rhodesië (nou Zimbabwe). Foto: Dylann Roof, Facebook

Dylann Roof in ʼn ongedateerde foto op Facebook. Hy het ʼn baadjie aan met vlae van apartheid-era Suid-Afrika en die voormalige Rhodesië (nou Zimbabwe). Foto: Dylann Roof, Facebook

Die man wat daarvan verdink word dat hy nege persone by ʼn Afro-Amerikaanse kerk in Charleston, Amerika, doodgeskiet het, is Donderdag in hegtenis geneem.

“Dylann Roof, ʼn 21-jarige wit man van Lexington in Suid-Carolina, is in Shelby, Noord-Carolina, tydens ʼn padblokkade voorgekeer,” het Gregory Mullen, Charleston-polisiehoof, by ʼn perskonferensie gesê. “Die ondersoek duur voort om te bepaal waarom dit [die skietvoorval] gebeur het.”

Die Amerikaanse departement van justisie doen ʼn haatmisdaad-ondersoek oor die voorval wat Woensdagaand by die Emanuel African Methodist Episcopal Church plaasgevind het. Volgens plaaslike media is die kerk een van die mees prominente swart kerke in Amerika.

Nege persone, almal swart, is in die skietery dood. Volgens plaaslike media het ʼn vroulike oorlewende gesê die skieter het aan haar gesê hy laat haar leef, sodat sy vir almal kan vertel wat gebeur het.

Volgens CNN het getuies aan die polisie gesê die verdagte het gesê hy is by die kerk “om swart mense te skiet”.

“Die enigste rede waarom iemand in ʼn kerk sal instap en op mense wat bid skiet, is uit haat,” het Joe Riley, burgemeester van Charleston, gesê.

Die verdagte het glo by die kerk ingestorm en op kerkgangers losgebrand terwyl hulle besig was om te bid.

Lees alle vorige berigte oor Charleston op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Joe64

Ou Suid Afrika en Rhodesia vlae op sy baaitjie daar. Interesant.

Peet Schabort

Meeste plaasmoorde in SA is ook haat maar niemand maak ‘n ophef daarvan.

jacques

Dit is erg maar met daai baaitjie kan mens sien waar sy haat vandaan kom.

Bloues

Op BBC se fotos is daar nie vlae op sy baadjie nie. Photoshop

Rina Pretorius

Ek dink ook die vlae is gedoen met photoshop. Die ou vlag van SA is die mooiste vlag ooit en dan natuurlik die 4 kleur ook. Maar om terug te kom tot die seun van Amerika, iets in hom het geknak as gevolg van gebeure in sy lewe wat hom met soveel wrewel gevul het dat hy oorgegaan het tot moord, kry die storie agter die storie eers, wat hy gedoen het is baie erg en die mense wat daardeur dood is se families gaan deur hel op die stadium en my hart gaan uit vir hulle. Iets het daartoe… Lees meer »