Verdagte vas ná ‘haatmisdaad’ by VSA-kerk

Dylann Roof in ʼn foto op Facebook. Hy het ʼn baadjie aan met vlae van apartheid-era Suid-Afrika en die voormalige Rhodesië (nou Zimbabwe). Foto: Dylann Roof, Facebook

Dylann Roof in ʼn ongedateerde foto op Facebook. Hy het ʼn baadjie aan met vlae van apartheid-era Suid-Afrika en die voormalige Rhodesië (nou Zimbabwe). Foto: Dylann Roof, Facebook

Die man wat daarvan verdink word dat hy nege persone by ʼn Afro-Amerikaanse kerk in Charleston, Amerika, doodgeskiet het, is Donderdag in hegtenis geneem.

“Dylann Roof, ʼn 21-jarige wit man van Lexington in Suid-Carolina, is in Shelby, Noord-Carolina, tydens ʼn padblokkade voorgekeer,” het Gregory Mullen, Charleston-polisiehoof, by ʼn perskonferensie gesê. “Die ondersoek duur voort om te bepaal waarom dit [die skietvoorval] gebeur het.”

Die Amerikaanse departement van justisie doen ʼn haatmisdaad-ondersoek oor die voorval wat Woensdagaand by die Emanuel African Methodist Episcopal Church plaasgevind het. Volgens plaaslike media is die kerk een van die mees prominente swart kerke in Amerika.

Nege persone, almal swart, is in die skietery dood. Volgens plaaslike media het ʼn vroulike oorlewende gesê die skieter het aan haar gesê hy laat haar leef, sodat sy vir almal kan vertel wat gebeur het.

Volgens CNN het getuies aan die polisie gesê die verdagte het gesê hy is by die kerk “om swart mense te skiet”.

“Die enigste rede waarom iemand in ʼn kerk sal instap en op mense wat bid skiet, is uit haat,” het Joe Riley, burgemeester van Charleston, gesê.

Die verdagte het glo by die kerk ingestorm en op kerkgangers losgebrand terwyl hulle besig was om te bid.

Lees alle vorige berigte oor Charleston op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Joe64 ·

Ou Suid Afrika en Rhodesia vlae op sy baaitjie daar. Interesant.

mk ·

Ek het gedog die vlae lyk bekend – alhoewel dit dof op die foto is – aaklig!!

Joe64 ·

Die foto is toe gedokter, die regte een is op ander web blaaie te sien

Peet Schabort ·

Meeste plaasmoorde in SA is ook haat maar niemand maak ‘n ophef daarvan.

jacques ·

Dit is erg maar met daai baaitjie kan mens sien waar sy haat vandaan kom.

Bloues ·

Op BBC se fotos is daar nie vlae op sy baadjie nie. Photoshop

Rina Pretorius ·

Ek dink ook die vlae is gedoen met photoshop. Die ou vlag van SA is die mooiste vlag ooit en dan natuurlik die 4 kleur ook. Maar om terug te kom tot die seun van Amerika, iets in hom het geknak as gevolg van gebeure in sy lewe wat hom met soveel wrewel gevul het dat hy oorgegaan het tot moord, kry die storie agter die storie eers, wat hy gedoen het is baie erg en die mense wat daardeur dood is se families gaan deur hel op die stadium en my hart gaan uit vir hulle. Iets het daartoe aanleiding gegee verseker. Ek persoonlik dink dinge is erger in SA want kyk na al die plaasmoorde en moorde in die dorpe ook, ons as blankes word een vir een op die wreedste maniere moontlik uitgemoor en niemand se iets van dit nie. Ons is in ‘n eensydige oorlog gewikkel en mense dink dis okay

boer ·

Ek stem saam met jou Rina. Ek sien in ander brigte dat hy rede gee vir sy dade. “Hy is moeg daarvoor dat swartes die wittes verkrag,vermoor en hulle werk vat”

Nou as dit sy rede is, hoe moet ons net nie voel met al die moorde en verkragtings wat die blankes in suid-afrika beleef nie?????

Theresa ·

Goeie genugtig – Kyk net daardie gesig…………………???!!!

Rynhardt ·

Vanoggend op Die Burger se voorblad wys hul n groot foto van die VSA-skieter met ou SA vlag op sy baadjie!Dit is asif die einste Burger vinger wil wys na ons Afrikaners,terwyl die einst Burger nog nooit 1000 of meer moorde van boere en moorde op Afrikaners in stedelike gebiede op hul voorblaaie gehad nie!Dieselfde geld ook vir die SAUK.Op die Burger se voorblad verskyn n effe klein berir oor die boer Sakkie.Die Burger se hy is aangerand met n pyp,maar weier om te beklemtoon dat Sakkie met n panga oor die kop geslaan is en sy ribbes was gebreek met n koeviet!Maroela verdien krediet hier,want hul het die barbaarsheid uitgewys,wat die Burger weier om te doen.

Alex ·

Die foto is ge-“photo-shop”. Die media wat die foto met die vlae op versprei in net kwaadstokers en wil die blanke SA’ners in n swak lig stel. Die mense hierbo se kommentaar is ook maar n bewys van liberalistiese neigings en swak smaak. In die toekoms sal dit dalk help om eers die waarheid uit te vind en dit DAN te publiseer, Maroela Media…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.