Verdagte vas ná mesaanval naby ou Charlie Hebdo-kantore

Die voormalige kantore van die satiriese tydskrif Charlie Hebdo. (Foto: Thibault Camus, AP)

Minstens twee mense is Vrydag in ʼn mesaanval naby die voormalige kantore van die satiriese tydskrif Charlie Hebdo in Parys, Frankryk gewond.

Beide slagoffers is kritiek beseer.

ʼn Polisiebeampte het aanvanklik gesê daar twee verdagtes in die aanval betrokke was, maar hulle het nou net een persoon naby die Basatille-plein in die ooste van Parys aangekeer.

Die polisie is steeds besig om die omgewing te deursoek terwyl die verdagte ondervra word.

Volgens owerhede het polisiebeamptes ook die omgewing naby die Richard Lenoir-metrostasie afgesper, insluitend die voormalige Charlie Hebdo-kantore, nadat ʼn verdagte pakkie in die omgewing opgemerk is.

Polisiebeamptes was op die toneel kort ná die voorval. (Foto: Thibault Camus, AP)

Dit is onduidelik wat die aanval gemotiveer het en of dit verband hou met Charlie Hebdo wat kantore geskuif het ná hulle in 2015 deur Islamitiese ekstremiste aangeval is. Twaalf mense is in dié aanval dood.

Premier Jean Castex het ʼn besoek aan ʼn voorstad noord van Parys kortgeknip om na binnelandse sake te gaan om die verwikkelinge te volg.

Die verhoor rakende die terreuraanval op Charlie Hebdo was Vrydag aan die anderkant van die stad aan die gang. Veertien mense, waaronder drie vlugtelinge, word daarvan beskuldig dat hulle die aanvallers in 2015 gehelp het.

Die weduwees van die Charlie Hebdo-aanvallers moet Vrydag getuig.

Vrydag se voorval volg nadat die Eiffeltoring Woensdag gesluit is ná ʼn bomdreigement ontvang is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Alta Alleman ·

Waarom kan ons polisiediens nie ook so skerp wees soos Frankryk sin nie. Ek tel ten minste 50 polisielede.

OW ·

Afrika val onder derde wêreld en kan nie met eerste wêreld standaarde vergelyk word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.