Verdagte vas ná skietvoorval in Nederland

Die polisie soek na die man in verband met die aanval. Foto: (Police Utrecht via AP)

ʼn 37-jarige verdagte wat na bewering Maandag op pendelaars by ʼn tremstasie in Utrecht, Nederland, losgebrand het, is deur die plaaslike polisie in hegtenis geneem.

Gokmen Tanis, wat in Turkye gebore is, is vasgetrek nadat die plaaslike polisie hom in verband met die voorval gesoek het.

Ferd Grapperhaus, Nederland se minster van justisie, het die inligting Maandagaand tydens ʼn mediakonferensie bevestig.

Volgens Grapperhaus het Tanis reeds ʼn kriminele rekord. “Ja, die verdagte was aan die departement van justisie bekend. Hy het ʼn kriminele rekord. Dit is wat ons wel weet.”

Grapperhaus wou egter nie dadelik verdere besonderhede rondom die verdagte bekend maak nie.

Plaaslike nuusagentskappe het gesê dat die verdagte die afgelope jaar verskeie kere aangekla is van verskeie misdade waaronder poging tot manslag in en om Utrecht. Volgens dié berigte het Tanis sowat twee weke gelede in die hof verskyn vir die beweerde verkragting van ’n vrou in 2017.

Grapperhaus het gesê dit is in dié stadium te vroeg om te sê of Maandag se voorval wel ʼn terreuraanval was.

Hy het gewaarsku teen vroeë bespiegeling oor die motief van die aanval aangesien “dit belangrik is dat die onafhanklike ondersoek noukeurig die bewyse sal deurgaan”.

Minstens drie mense is dood en vyf ander in die aanval beseer.

Mark Rutte, Nederland se eerste minister, het gesê sommige van die beseerdes is in ʼn kritieke toestand ná die aanval.

Die skietery het gister by ʼn besige aansluiting in ʼn woongebied in Utrecht plaasgevind. Beamptes van die teenterreur-eenheid het by ʼn woonstelblok naby die stasie bymekaargekom. Volgens Bernhard Jens, woordvoerder van die polisie, het die aanvaller glo met ʼn motor van die toneel gevlug.

ʼn Reusesoektog is daarna na Tanis van stapel gestuur. Inwoners van Utrecht is aanvanklik ná die aanval aangeraai om nie hul huise te verlaat nie, maar die kennisgewing is later teruggetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Se maar net ·

Lyk vir my na n moslem wraak aanval oor die moskees. Ek weet ek mag nie bespiegel nie

Wurmpie ·

Kry daai polisiemanne hier. Dan kan die klomp skelms vinnig vasgetrek word

willem Botha ·

Ek dink ook dit is n moslem wraak aanval op christene.

Skroef ·

Is die persoon op die foto en die mens wie reeds aangekeer is dieselfde mens?

jaco ·

reeds n kriminele rekord maar hy bly maar aan in Nederland? ‘n eenvoudige deportasie na Turkye na die eerste kriminele oortreding sou dus hierdie tragedie nou kon verhoed het.

Dit bly vir my vreemd hoe hierdie mense so maklik in Europa inkom. Lyk my hulle kom by die grens aan, sê bloot hulle is “refugees” en dan word hulle eenvoudig binnegelaat. Maar toe ek net as toeris soontoe wou gaan, moes ek n reusagtige bedrag vir n visum betaal en eks oor omtrent my hele verlede, hede, toekoms en my geldsake by die Nederlandse ambassade in Kaapstad ondervra en die helfte van daardie vrae moes ek weer beantwoord by aankoms in Nederland.

Ekke ·

Weereens n indringer in die land. Tyd dat die Regerings, SA inkluis, die mense terugstuur na hulle lande van herkoms. Daar sal minder misdaad wees.

Heidi ·

Stem saam. Kyk maar in UK , VSA en Frankryk veral hoeveel tereurdade deur immigrante gepleeg word. Baie het tot vir politieke asiel verblyfreg gekry.

jaco ·

As ons regering wat anyway nie van wit mense hou nie, begin mense terugstuur na lande van herkoms, kan hulle sommer al ons wit mense ook deporteer na waar ons voorouers vandaan kom. ek kan dan kies tussen skotland, vlaandere, Nederland, duitsland en frankryk.

Rupert Ashford ·

Sal seker weer as geestesversteurd beskryf word…

ek sê maar ·

Hmmm… lyk nie asof die regstelsel juis daar werk nie. Ek meen hy het al hoevele kriminele klagtes teen hom insluitende verkragting en steeds op vrye voet? Wakker word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.