Verdagte vas oor plofpakkies aan politici

Hillary Clinton was een van die mense aan wie plofpakkies gerig is. Foto: Verskaf

ʼn Man is in die Amerikaanse deelstaat Florida in hegtenis geneem in verband met die beweerde ploftoestelle wat aan hooggeplaastes gepos is.

Dit volg nadat die owerheid Vrydag op nog twee toestelle gereageer het, die een in Florida en die ander in New York, wat die totale getal pakkies wat wetstoepassers tot dusver gekry het, op 12 te staan bring.

ʼn Woordvoerder van die Amerikaanse departement van justisie het bevestig dat die verdagte aangehou word en het gesê nog inligting sal later Vrydag op ʼn mediakonferensie bekendgemaak word.

Die owerheid het leidrade opgevolg dat sommige van die pakkies moontlik in Suid-Florida gepos is. Nadat die nuus van die inhegtenisneming bekend geword het, kon gesien word hoe agente van die Amerikaanse geheimediens (FBI) en ander wetstoepassers ʼn afleweringsvoertuig in Suid-Florida met blou waterdigte materiaal bedek.

Volgens iemand na aan die ondersoek woon die verdagte in Florida naby aan die instelling waar die toestelle gepos is. Dit is nog nie bekend of die man alleen opgetree het en of iemand of ʼn organisasie hom gehelp het nie.

Maroela Media het Woensdag berig die FBI het gesê beamptes het pakkies onderskep wat “moontlike ploftoestelle” bevat het en aan oudpres. Barack Obama en Hillary Clinton gerig was.

Dié toestelle is ontdek kort nadat ʼn ploftoestel in die posbus van die liberale miljardêr George Soros by sy huis in Bedford, New York, gevind is. Soros is ʼn gereelde teiken van verregse groepe se kritiek.

Die agentskap het gesê nóg Clinton nóg Obama het die pakkies in ontvangs geneem en nie een van die twee politici was in gevaar om die pakkies te ontvang nie aangesien dit tydens skanderingsprosedures onderskep is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Yankee ·

Puik werk weereens deur die FBI. In this Country a fact. You can run, we run faster and will get you. You can be smart, we are smarter, and will get you.

Rooi ·

Alle lande het misdaad. Daar word maar net nie oor alles gepubliseer nie.

Cherokee ·

Wees versigtig met stellings wat mag klink na verskoning soek vir die kruisvuur waarin SSA (Swart Suid Afrika) geleë is. Jy is òf onbewus van die kruisvuur waarin jy jouself begewe of jy soek doelbewus verskoning omdat jy dit self bevraagteken maar om vele redes waaroor gespekuleer kan word, jy dit uit jou eie gedagtes wil wegvee asof dit nie bestaan nie.

Cherokee ·

Waarom een dag (24 uur later) geen antwoord? Gehoop niemand het dit gelees nie? As jy ‘n stelling maak moet jy dit kan rugsteun soos in in ‘backup’.

Waarheid ·

Hopelik leer ons die waarheid eendag… bomme kon nie regtig ontplof nie en die knapie wat die “bomme” gepos het is betaal deur ‘n Demokraat.

JJ ·

Die ‘knapie’ is ‘n man in sy vyftigs, jarelange geregistreerde Republikein wat reeds vantevore oor bomdreigemente in hegtenis genoem is. Hou op om Demokratiese sameswerings in alles te wil sien.

Karolis ·

Hier in die nuwe sa word jy summier doodgesteek met ‘n mes of jy word geskiet.
In die straat ten aanskoue van ander.

Cherokee ·

Toe Pik Botha vereer word het jy jou eie verering ook gepos ter ere van ‘n gewese lid van ‘n regerende party wat aangesluit het by die anc. Jy het dit gedoen, wetende wie en wat Pik Botha werklik was. Ek het belowe om jou opvolgende kommentare te vergelyk met wat jy voorgee te wees.

Waarheid ·

Js dit is die skandmuur waarvan Siener gepraat het wat gaan kom. Dit is reeds daar.

Anton Hugo ·

Ek is al so op van die volkie se Siener. Als wat gebeur het Siener voorspel – nadat dit gebeur het. Vertel my asb iets wat in die toekoms gaan gebeur.En nie “die seekoeie gaan by Lang Laagte vergader en die springmielies gaan lewe kry nie.”
Gee feite vir die toekoms.
Ek dink julle moet liewer Johannes se visies meer ernstig opneem, en die ou liewer los waar hy is. Begrawe en vergete.

Abe ·

Waarheid,
Ek stem saam met Anton Hugo dat ons liewer van siener moet vergeet. Dit is ‘n spook ding wat geen verstandige mens hom aan moet steur nie (en ook geen gelowige mens nie).

Sarel ·

Was Siener dan nou al verkeerd? Is die regering besig om ons aan die Chinese te verkoop of nie?
Noem dit dan logiese waarneming as jy dan wil want dit gebeur.
Staatskaping was ook vir lank ontken, toe dit wel vir die wat dit nie wou glo nie n werklikheid word was die skade byna by onomkeerbaar.
In SA moet jy eerder vooesienning maak vir n saak en eerder bly wees indien dit nie gebeur nie eerder om n ander persoon se aanvoeling sondermeer af te maak.

Charles ·

Dis maar baie per toeval, kry die gevoel die liberale het dit beplan… dis net te voorspelbaar.

Manie ·

Stem saam. Daardie hoog op leiers bestel nie pakkies nie en maak dit nie self oop nie.

Abe ·

Sarel ,
Het Siener ooit voorspel dat die regering ons aan die Sjinese gaan verkoop of dat die staatskaping gaan plaasvind? Of het dit iets te doen met die seekoeie by Langlaagte of die springmielies wat spring?

Netso ·

Die verskil tussen SA en enige ander 1ste wereld land is as jy vrêk deur misdaad sal iemand darem jou dood ondersoek!

Vra net ·

Het “vrêk” regtig ‘n kappie (^)?
Eks nie sarkasties nie, wil net eerlik weet.

Jack ·

Wonder of die ou afslag gekry het vir massapos?
Ek glo ou Hillary sou al haar plooie wegskrik as die pakkie by haar aangekom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.