Verdoemende bewerings teen Russell Brand

Russel Brand in 2013. (Foto: Jason Merritt / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)

Die Britse komediant en akteur Russell Brand word beskuldig van verkragting, seksuele aanranding en emosionele mishandeling.

Vier vroue beweer dat hulle tussen 2006 en 2013 (gedurende die kruin van sy roem) seksueel deur Brand aangerand is. Die bewerings is gemaak ná ’n gesamentlike ondersoek deur die Sunday Times, The Times en Channel 4 se ondersoekende program Dispatches.

Die ondersoek is die naweek in die Sunday Times gepubliseer en die Dispatches-dokumentêr Russell Brand – In Plain Sight is op Channel 4 uitgesaai.

BBC berig een vrou beweer dat Brand haar in sy huis in Los Angeles verkrag het. Sy is dieselfde dag by ’n verkragtingskrisissentrum behandel. The Times sê hy het die mediese rekords onder oë gehad.

’n Tweede vrou beweer dat Brand haar aangerand het toe hy in sy vroeë 30’s was en sy maar 16 was.

’n Derde vrou beweer dat Brand haar seksueel aangerand het terwyl sy saam met hom in Los Angeles gewerk het, en dat hy gedreig het om regstappe te doen sou sy enigiemand van die aanranding vertel.

Die vierde vrou beweer dat sy ook deur Brand seksueel aangerand is en dat hy haar fisiek en emosioneel mishandel het.

The Guardian berig Brand het intussen die “ernstige kriminele aantygings” teen hom ontken. Hy hou vol sy verhoudings was nog “altyd met wedersydse instemming”.

“Hierdie bewerings het betrekking op die tyd toe ek in die hoofstroom gewerk het, toe ek heeltyd in die koerante was, toe ek in die flieks was, en soos ek al baie in my boeke geskryf het, was ek baie, baie promisku.

“Gedurende daardie tydperk van promiskuïteit was die verhoudings wat ek gehad het absoluut, altyd met wedersydse instemming.”

Brand het Saterdag, enkele ure nadat die bewerings gepubliseer is, in ’n vooraf geskeduleerde komedie-optrede in Londen opgetree. Brand het tydens die optrede op die beskuldigings gesinspeel, maar dit nie direk genoem nie.

Hy het vir die gehoor gesê daar is dinge waaroor hy wou praat, maar nie kon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Karoo ·

Nie noodwendig nie, maar ja natuurlik as dit ‘n hoe profiel saak is want die werk kan nie verniet gedoen word nie. Dit gaan ook oor bewusmaking, geregtigheid en bemagtiging van die slagofer. Ek sou dieselfde vir een van my kinders wou he sou hulle hulself in so’ n situasie bevind. Hierdie tiepe “gedrag” was ongelukkig veralgemeen en was dus toe gesmeer en mense was bang. Met elke saak wat gewen word, is die kaanse dus beter dat jy geglo sal word. Mag daar geregtigheid wees vir byde partye.

Karoo ·

Wanneer ‘n Ma/Vrou hulle self in’ n “mags possie” bevind wil dit voorkom asof hulle promiskuïteit dan ‘n hoogtepunt bereik en dat hulle hulself soms in abnormale situasies kan bevind waar hulle nie altyd reg kies nie.

Andries ·

Van die vroue gooi hul voor die voete van beroemdes. En as die man/ vrou va t en gebruik wat aangebied word, word daar jare later bewerings gemaak.

Karoo ·

Ek hoor jou, en ja, it takes 2 to tango en seekerlik is daar mense daarop uit om ander uit te vang. Maar….die wat daarvan beskuldig word, was nog altyd aan die pen gery.

kragaap ·

Die tipe gedrag van enige persoon is onaanvaarbaar. Maar hoekom verkla die slagoffers hul altyd JARE na die tyd ?

Karoo ·

In hierdie geval, was die 16jarige onmiddelik na ‘n plek van veiligheid waar sy dit aangemeld het. Niks het daarvan gekom nie. Nou dat ander Dames na vore kom, het sy ook haarself weer bloot gestel. Hoe bekender of hoe gesiener die persoon is hoe moeiliker is dit vir die slagoffer.

Oom Charles ·

Ek verdedig nie sy vorige los lewe nie, hy sê self hy was geen voorbeeld nie, maar vergelyk bietjie : hoe meer hy die gevestigde pers ontbloot vir hulle napraterye van belanghebbendes met twyfelagtige agendas en vir hulle vervalsing van feite, des te meer is hy vir hulle ‘n doring in die vlees.

Omdat sy kommentare vir hulle ongemaklik raak en hulle dit op geen ander manier kan hanteer nie is hulle aanvalle nou ad hominem – op die persoon gerig, en nie op die argument nie.

Dis nie die eerste openbare figuur waarmee dit gebeur nie. Dit sal ook nie die laaste een wees nie.

Dit sou hom natuurlik baie gehelp het as sy morele rekord skoon was, maar hier gaan dit oor die stilmaak van ‘n meningsvormer wat ‘n baie suiwerder blik op feite en omstandighede kan werp as menige mediahuis wat nie altyd so objektief berig oor die dinge waar die openbare meaning liefs nie anders ingelig moet word nie.

Andre ·

Dankie tog, darem een persoon wat weet wat aangaan. Kyk gerus sy youtube kanaal en verstaan waar kom hierdie aanslag vandaan.

Hennie Biebouw ·

Dis darem maar net té toevallig hoe die tipe bewerings so gereeld, jare na die tyd, tevore kom, juis wanneer die beskuldigde ‘n beduidende stem word teen die “establishment”……

Bolandse Nooi ·

Hennie Biebouw … nageslag van Hendrik Biebouw (Bibault) wat so vorstelik “way back” in die 1660’s geskree het: “Ik ben een Afrikaander!” en so die eerste “Afrikaner” wat op skrif opgeneem is, geraak het?

Hennie Biebouw ·

Vergewis jouself van Brand se video kanaal, en die inhoud daarvan…..

NuusUil ·

Hoop hulle sluit hom toe . Aaklige mens . Nog nooit oighare vir hom gehad nie .

TrueMan ·

Jy hoef nie na hom te kyk nie. Maar wanneer sulke bewerings jare na die tyd gemaak word, was daar oorspronklik ja gese.

Chris ·

Die samelewing (mense) se koppe raas deesdae al hoe meer. Ek kan en mag niemand veroordeel of kant kies waarvan ek niks weet nie maar daar is iets nie pluis nie. Ek vra gewoonlik die vraag, wat het die dames met die man daardie tyd uit te waai gehad. Wat het haar besiel om met die persoon in aanraking te wees. Ongelukkig is die man altyd die een wat aan die korste end gaan trek. Hy is skuldig en word in die openbaar verguis. Ek glo ook indien jy nie van jou buurman hou nie, fluister net in die buurvrou se oor oorkant die straat jy het die buurman nou die dag saam met ‘n jong dogter in ‘n kar sien sit. Jy weet nie of jy reg gekyk het nie maar iets het nie pluis gelyk nie. Nie lank na die storie versprei is nie het die buurman moeilikheid.

Bolandse Nooi ·

Aaaaaggggggggg …….. mens wag nie tussen tien en sewentien jaar voor jy ‘n verkragtingsklag bring nie. Tensy jy in daardie 10 – 17 jaar nooit bad of stort nie, want slegs dan sal die DNS-monsters – indien enige – nog teenwoordig wees (miskien). Hierdie gaan suiwer weer oor geld en die 1 vrou wat na die ander op die “bandwagon” van #MeToo spring die oomblik wat die $$$ tekentjies in hul ogies begin draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.