ʼn Hof in Engeland het vergoeding toegestaan aan Wayne Hoch, ʼn Suid-Afrikaner wat in Engeland werk, ná hy onder andere die k-woord toegesnou is.
Hoch (35), ʼn werker by die Britse maatskappy Thor Atkinson Steel Fabrications Ltd., se kollegas het ook met fotomanipuleringsprogramme sy gesig op swart liggame geplaas en die foto’s met beledigende aanmerkings op die sosialemediawebwerf Snapchat gedeel.
Die Daily Mail berig die hof het £54 000 (ongeveer R990 000) aan hom toegeken vir die vernedering en sielkundige skade wat hy opgedoen het omdat hy gespot is oor sy Suid-Afrikaanse nasionaliteit.
Hoch is in Suid-Afrika gebore maar het as 18-jarige na Engeland verhuis. “Ek het amper my eie lewe geneem weens die stres,” het hy aan die hof gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
En ek het nogal gedink dat ‘n wit Suid-Afrikaner nie beledig kan word nie!!
Agge sies tog……maar geluk met jou R990-000!
Ag rerig?!?!?! Geskaad vir die res van sy lewe
die k woord word nou n internasionale grap.
Na die Anglo-Boere Oorlog het die Engelse ons Boere veel erger goed genoem en ons totaal vertrap. Maar pleks daarvan om hofsakies te maak of in hoekie te sit en huil het ons Boere onsself opgewerk tot ‘n vooruitstrewende en onafhanklike volk.