ʼn Polisiebeampte wat ná ʼn skof haar buurman se huis vir haar eie aangesien het, het die inwoner doodgeskiet.
Die polisie in Dallas, Texas, het gesê die voorval het Donderdagaand omstreeks 22:00 plaasgevind. Die beampte het in haar uniform teruggekeer na haar woonstelblok ná sy ʼn skof gewerk het. Sy het dadelik die skietery aangemeld.
Die beampte voer aan sy het onwetend by die verkeerde huis ingestap, ʼn man in die huis vir ʼn oortreder aangesien en hom geskiet. Die man, die 26-jarige Botham Shem Jean, was die inwoner van die huis langsaan. Hy is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk en dood verklaar is.
Die beampte, wat nie tydens die voorval beseer is nie, is op administratiewe verlof geplaas hangende die uitslag van die ondersoek.
Dit is nie duidelik hoe die polisiebeampte toegang tot die verkeerde huis bekom het nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Hoe het sy in die huis gekom as dit nie haar huis is nie? ingebreek?
Jy skiet nie net nie, jy waarsku mos eers!
….miskien was sy gatvol vir die partytjies en harde musiek elke naweek….hehehe
Sy bly in n 1ste wereld land. Mense los ander se eiendom uit en respekteer dit. Ons bly in n rommelland 3de rangs.
Eks baie seker dat jy eers waarsku of dat jy weet wat jy skiet .
Het die meubels nie vreemd gelyk nie?
Iets aan die storie klink glad nie wel …..