Verkeerde huis, toe skiet polisievrou hom dood

Argieffoto

ʼn Polisiebeampte wat ná ʼn skof haar buurman se huis vir haar eie aangesien het, het die inwoner doodgeskiet.

Die polisie in Dallas, Texas, het gesê die voorval het Donderdagaand omstreeks 22:00 plaasgevind. Die beampte het in haar uniform teruggekeer na haar woonstelblok ná sy ʼn skof gewerk het. Sy het dadelik die skietery aangemeld.

Die beampte voer aan sy het onwetend by die verkeerde huis ingestap, ʼn man in die huis vir ʼn oortreder aangesien en hom geskiet. Die man, die 26-jarige Botham Shem Jean, was die inwoner van die huis langsaan. Hy is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk en dood verklaar is.

Die beampte, wat nie tydens die voorval beseer is nie, is op administratiewe verlof geplaas hangende die uitslag van die ondersoek.

Dit is nie duidelik hoe die polisiebeampte toegang tot die verkeerde huis bekom het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ek ruik....iets visserigs ·

Hoe het sy in die huis gekom as dit nie haar huis is nie? ingebreek?
Jy skiet nie net nie, jy waarsku mos eers!
….miskien was sy gatvol vir die partytjies en harde musiek elke naweek….hehehe

HPV ·

Baie ander landsburgers hoef nie hul deure te sluit soos ons in Suid Afrika nie…

Alida ·

Sy bly in n 1ste wereld land. Mense los ander se eiendom uit en respekteer dit. Ons bly in n rommelland 3de rangs.

Hertzog ·

Eks baie seker dat jy eers waarsku of dat jy weet wat jy skiet .

IK ·

Dankie vir die berig MM want sien my buurman is ‘n oudpolisieman . . .

Debbie ·

Ek dink weer sy het probleme met die buurman gehad. Hoe loop jy in die verkeerde woonstel in?

sons ·

Grote griet!!! Hoe ken ‘n mens nie jou eie woonstel nie…. Aarde!!! iets klink nie vir my reg nie.

Verstaan ·

Glad nie onmoontlik as jy oorwerk, oormoeg of dronk is nie. Een van ons vorige swaar gewig bokskampioene het met ‘n ander man se kar huistoe gery. Selfde maak, model en kleur. By nadere ondersoek het selfs die sleutel gepas. Hy was nie oorwerk of oormoeg nie…

Andre ·

Wat se tipe ‘skof’ het sy gewerk voor sy huistoe is ? Ek hoop nie dit was ‘n amptelike polisieskof nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.