Verkiesing in Zimbabwe binne ses maande

Emmerson Mngangagwa, president van Zimbabwe

Zimbabwe sal in Julie ʼn verkiesing hou, het pres. Emmerson Mngangagwa Woensdag in Davos, Switserland, gesê.

Mnangagwa is by ʼn sessie van die Wêreld Ekonomiese Forum gevra wanneer die verkiesing sal plaasvind, aangesien die sperdatum in September is.

“Ek weet nie wie gesê het September nie. Ons wil die grondwetlikheid in Zimbabwe verdiep. Kragtens ons huidige Grondwet, moet ons elke vyf jaar onsself onderwerp aan ʼn nuwe mandaat,” het hy geantwoord.

Hy het gesê die vyfjaartermyn kom in Julie tot ʼn einde, maar die Grondwet bied die vergunning dat die verkiesing tot ses maande voor die laaste dag in Julie kan plaasvind.

Mnangagwa het gesê hy sal waarskynlik teen die middel van Februarie ʼn proklamasie onderteken vir die verkiesing. “Ek glo dus die verkiesing sal nie in Julie plaasvind nie, maar nog vroeër as Julie.”

Mnangagwa het in November as staatshoof by pres. Robert Mugabe oorgeneem. Die 93-jarige Mugabe, wat 37 jaar lank aan bewind was, het onder druk van sy Zanu PF-party, die weermag en die publiek bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.