Verkiesing onderweg in Rusland

Russiese president Wladimir Poetin by ‘n stembus net nadat hy in Moskou gestem het (18 Maart 2018) Foto: Sergei Chirikov/Pool Photo via AP

Kiesers in Rusland stem Sondag in ʼn verkiesing waarna pres. Wladimir Poetin hoogs waarskynlik weer as president aangewys sal word.

Poetin het Russen Vrydag gemaan om “hul reg uit te oefen om ʼn toekoms vir die Rusland te kies waarvoor ons almal lief is”. Hy het gewaarsku dat ʼn versuim om te stem sal beteken dat “hierdie beslissende keuse gemaak sal word sonder om jou mening in ag te neem”.

Poetin het sewe ander kandidate op die stembrief, maar nie een van hulle is werklik ʼn bedreiging nie. Sy gewildheid het sedert 2012 toegeneem danksy optrede in die Oekraïne en Sirië.

Poetin het self ongeveer 10:15 (plaaslike tyd) sy stem uitgebring in die verkiesing.

Ella Pamfilova, voorsitter van Rusland se sentrale verkiesingskommissie, het vroeër gesê om 11:00 het ongeveer 16.9% van kiesers reeds gestem, dit is hoër as die 12.2% op dieselfde tyd in 2012.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tom ·

Putin is ‘n refleksie van die VSA se Senaat. Ek weet nie waar hulle aan al die negatiewe histerie kom nie. Bitter min word van China se permanente President gesê en nog minder dat Brüssel EU ‘n skein diktatuur van Duitsland is. Sien die splinter in ‘n ander se oog… Putin word nog steeds elke jaar in Time tydskrif as die top leier in die wêreld verkies. Kou ‘n bietjie daaraan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.