Verkragtingslagoffer (10) skenk geboorte ná hof aborsie weier

Argieffoto: HeikeIr, Pixabay

ʼn Tienjarige meisie van Chandigarh in Indië wat swanger geraak het nadat sy na bewering verskeie kere deur haar oom verkrag is, het geboorte gegee nadat ʼn hof haar ʼn aborsie geweier het.

Die Hindustan Times berig die meisie is na bewering verskeie kere oor ʼn tydperk van sewe maande deur haar oom, ʼn hotelwerker, verkrag. Sy het swanger geraak, maar dit nie geweet nie. Haar ouers het eers van haar swangerskap bewus geraak toe sy op 30 weke van die swangerskap gekla het dat haar maag pyn.

Volgens The Indian Express het ʼn advokaat namens die meisie en haar ouers die appèlhof genader om te versoek dat die hof toestemming gee dat die meisie se swangerskap beëindig word. Die hof het onder meer die raad van mediese kenners oorweeg wat aangevoer het dat ʼn aborsie op 32 weke van swangerskap te gevaarlik vir die meisie sou wees. Die versoek is op grond hiervan geweier.

BBC berig die meisie het om 09:22 in ʼn staatshospitaal deur middel van ʼn keisersnee aan die baba geboorte gegee. Die baba sowel as die ma is glo gesond, hoewel albei steeds in die hospitaal behandel word.

Die Hindustan Times het berig die meisie se ouers het aangedui hulle wil nie die pasgebore baba hê nie en die kind sal in die land se maatskaplike stelsel opgeneem word waar die baba later vir aanneming beskikbaar gestel sal word.

Die meisie se oom is tans in polisieaanhouding terwyl die saak teen hom voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ilse ·

@Genieve glo my daar is kinders jonger as 10 wat verkrag word deur familielede en dan wil die ouers dit nie aanvaar nie of glo nie die kind nie

Saartjie ·

… en ook nie net in ‘agtergeblewe’ gemeenskappe nie!

Penellope Jones ·

Besmoontlik twee lewens tot niet. Die van die 10-jarige dogtertjie en die van die baba –
wie gaan na beide omsien ?

MissDemeanor ·

Party mense verkrag sonder om na pornografie te kyk. Party mense kyk na pornografie sonder om te verkrag. Dt is kortsigtig om porografie te blameer. Die probleem is bietjie dieper as dit.

Hermanus ·

Nee Duifie, dis eerder die gevolg van ‘n wêreld wat snel toenemend van God vervreem raak. Om egter pornografie subtiel te verdedig soos sommiges doen, is soos om dronkbestuur te regverdig deur te redeneer dat nie almal wat onder die invloed bestuur ongelukke maak of veroorsaak nie. Pornografie is en bly verkeerd en is uiters besoedelend vir die siel asook ‘n groot oorsaak van seksuele misdade.

Theresa ·

Ek sal hard probeer om nie d m v ryk beskrywende taal hierdie “oom” te noem wat hy is nie. Hoop ons lees weldra wat sy straf is. Hy is skuldig aan 2 lewensverliese (al lewe ma en baba).

dolphin ·

die plek van die india dink nie sy is immers nog klein van 10jr oud dis wreed van haar lewetjie en sy is n kind.

Susan ·

Die SIEK probleem om kinders en babas te verkrag en te molesteer is al eeue daar, al probleem is dat die kinders nooit geglo was nie en al het mense geweet, dit net onder die mat gevee want 99% van die tyd is dit iemand wat bekend is aan die familie en ‘n “beminde” lid van die samelewing is. Dit is so siek, maar al hoekom mense nou eers daaroor bewus raak is die feit dat danksy sosiale media, die media dit oopgevlek word. Die ergste is voor dit uitkom het daardie arme kinders so swaar gekry en hulle was nie geglo nie.

Griet ·

Susan, ek stem heelhartig met jou saam dat dit al in die voortyd gebeur het en as die arme kinders met hulle ouers daaroor praat, is hulle gestraf, uitgemaak as leuennaars, uitlokkers – en so kan ‘n mens aangaan! Ek sak my kop en my hart huil vir hierdie meisietjie vroue wat so ‘n onnoembare stryd moet veg teen die verkragter en hulle mense wat hulle moet beskerm!

Inge ·

Van wanneer af het pornografie enigsins iets te doen met verkragting? Verkragting gaan oor mag, nie oor seks nie. Dis sulke wanopvattings wat die idee ondersteun dat dit ‘n vrou se “skuld” is as sy verkrag word, omdat sy seksueel aanlokkend is, of dalk bietjie lyf wys.

DMC de Koker ·

Daar is al in verskeie sake beslis dat pornografie ‘n kausale verband tot die verkragting is. Dit sê nie dis die vrou se skuld nie, maar daar is al verskeie kere suksesvol in howe regoor die wêreld bewyse aangevoer dat pornografie tog ‘n invloed/kausale verband gehad het. Dink maar net aan Ted Bundy se saak…
Dit is dus nie ‘n wanopvatting soos jy beweer nie. En dis ook nie ‘n versagtende omstandigheid nie.
Nietemin die bogenoemde saak is siek! Die “oom” hoort nie in die samelewing nie.

Hermanus ·

Inge, jou subtiele verdediging van pornografie is ietwat van die punt af. Pornografie is ‘n vieslike besigheid en as dit niks invloed op ‘n voornemende verkragter uitoefen nie, kan jong onskuldige kinders sekerlik ook maar daarna kyk of hoe? Dit het mos NIKS te doen met verkragting nie! Nee wat, soos sterk drank is daar niks positiefs of moreel verdedigbaar aan pornografie nie. Dit besoedel net ‘n mens se denke en hoort nie in ‘n beskaafde samelewing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.